Altesame 1 679 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 717 067 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 6,4%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (41%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (22%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 13 699.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 020 nadat nog 44 sterftes aangemeld is, waarvan ses sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 603 348 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,9%.
Suid-Afrika het tot dusver 23 809 344 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 104 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 41 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 1 927 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 33,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 86 | 597 |
Vrystaat | 47 | 1 156 |
Gauteng | 680 | 4 440 |
KwaZulu-Natal | 350 | 3 038 |
Limpopo | 34 | 158 |
Mpumalanga | 48 | 357 |
Noordwes | 50 | 665 |
Noord-Kaap | 20 | 2 775 |
Wes-Kaap | 364 | 513 |
Totaal | 1 679 | 13 699 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 582 | 327 905 |
Vrystaat | 7 654 | 193 490 |
Gauteng | 20 652 | 1 183 414 |
KwaZulu-Natal | 16 046 | 640 935 |
Limpopo | 4 579 | 151 021 |
Mpumalanga | 4 705 | 188 108 |
Noordwes | 4 721 | 187 572 |
Noord-Kaap | 3 218 | 102 901 |
Wes-Kaap | 21 863 | 628 002 |
Totaal | 100 020 | 3 603 348 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Korreksie. Die sterftesyfer weens/met covid staan nou op 100,020.
Daar is wragtig nog mense wat val hiervoor
EN wie glo julle dan nou nog net die neurotics