Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Unsplash)

Altesaam 97 nuwe Covid-19-sterftes is die afgelope 24 uur bevestig, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Donderdagaand ná die daaglikse bywerking van statistieke gesê.

Altesaam 15 265 Covid-19-sterftes is tot dusver aangemeld. Ses nuwe sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, 17 in KwaZulu-Natal, 21 in Gauteng, sewe in die Oos-Kaap, vier in die Vrystaat, 26 in Mpumalanga en 15 in Noordwes.

Suid-Afrika se herstelkoers staan in hierdie stadium op 88,9% en tot dusver het 573 003 mense van die virus herstel.

Gauteng het met 21 063 steeds die meeste aktiewe gevalle. Die provinsie word gevolg deur die Vrystaat met 12 793 aktiewe gevalle, Noordwes met 4 784 gevalle, KwaZulu-Natal met 7 891 gevalle en die Noord-Kaap met 3 164.

Volgens Mkhize is 20 555 nuwe toetse gedoen en 2 007 nuwe gevalle is aangemeld. Tot dusver het altesaam 644 438 mense die virus opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

OW ·

Daar is elke jaar griep sterftes.Die verskil is,griep is ‘n endemie.Covid 19 is ‘n pandemie.Verskil is soos tussen dag en nag.

Persheks Adri ·

Die herstelkoers is 88,9% maar lockdown is met ‘n maand verleng? Ek is seker te blond om te verstaan…

Scalla ·

Ek persoonlik dink hier is iewers n verskuilde agenda wat die aanbetref!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.