Só lyk jongste Covid-19-statistieke

‘n Vrou laat doen ‘n Covid-19-toets by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Altesame 1 420 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 722 065 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,4%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (39%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (25%) en KwaZulu-Natal (20%). Die totale aktiewe gevalle is 12 742.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 046 nadat nog vier sterftes aangemeld is waarvan twee sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 609 277 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 97%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 893 013 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 270 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur ses hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 1 897 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 33,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap71668
Vrystaat301 239
Gauteng5485 133
KwaZulu-Natal2913 358
Limpopo12133
Mpumalanga53405
Noordwes40608
Noord-Kaap21506
Wes-Kaap354692
Totaal1 42012 742

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 588328 036
Vrystaat7 654193 578
Gauteng20 6591 184 712
KwaZulu-Natal16 046641 673
Limpopo4 586151 154
Mpumalanga4 705188 223
Noordwes4 721187 769
Noord-Kaap3 218105 226
Wes-Kaap21 869628 906
Totaal100 0463 609 277

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.