Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: EMMANUEL CROSET/AFP)

Altesame 1 481 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 728 689 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (40%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 13 083.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 075 nadat nog vyf sterftes aangemeld is waarvan drie sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 615 531 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 97%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 996 380 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 340 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 55 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 140 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 34 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap88739
Vrystaat401 408
Gauteng5905 561
KwaZulu-Natal3103 782
Limpopo21111
Mpumalanga48377
Noordwes31518
Noord-Kaap12189
Wes-Kaap341398
Totaal1 48113 083

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 592328 315
Vrystaat7 654193 578
Gauteng20 6671 186 956
KwaZulu-Natal16 051642 751
Limpopo4 586151 257
Mpumalanga4 705188 445
Noordwes4 721188 004
Noord-Kaap3 218105 596
Wes-Kaap21 881630 629
Totaal100 0753 615 531

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Witbaard ·

Positiwiteitskoers is n nuttelose syfer. Wat saakmaak is die sterftesyfer, herstelsyfer en hospitaalopnames. As jy daarna kyk, kan jy sien dat daar geen rede meer is om aan te hou met sinnelose regulasies nie. Covid is hier om te bly, maar hy is onder beheer.

Nommer 7 ·

Cherokee, hoekom is ander virusse wat ons liggame nie herken nie, ook nie ‘n beperkte tyd gegee nie. Die verkoue virus, vir een, is al 500 jaar met ons.

Pietertjie ·

Ja-nee, tyd om die vyfde-vlaag spook op te jaag sodat kopdoek haar verlore mag kan herwin.

Casper ·

Hoekom is die Noird Kaap se nuwe gevalle nou so laag.Het almal gesterf wat die siekte gehad het of het die inwoners daar gevlug.

domheks ·

Mense dit word winter verkoue en griep is ons voorland! Maar onse regering praat net van Covid.
Glo julle dit? Daar bestaan nie meer net ‘n gewone loop neus nie!

Nommer 7 ·

Omrede die regulasies ‘n groter uitwerking teen die verspreiding van verkoue het, as teen Covid.

Gert ·

Jy is reg. Maar as die klomp swape in ons land net wil ophou toets sal Covid verdwyn en Verkoue en Griep weer terug wees.

Henri ·

Maroela Media gee asseblief die jongste stand van sake rakende die regering se uitrol van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV of NHI). Dit raak my gesin en geliefdes baie dieper as hierdie voortslepende COVID-kaskenades.

Anel ·

Ek het gister ‘n engelse berig gelees wat een of ander ou met die naam Crisp, as ek reg onthou gesê het dat of nou daarvan hou of nie, die NGV gaan plaasvind en hulle druk vir die einde van hierdie jaar. So, al wat ek kan sê is behoede ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.