Die positiwiteitskoers vir nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het teen Dinsdagaand op 17,6% gestaan. Dit is laer as die positiwiteitskoers wat Maandag (21%) en Sondag (22%) aangeteken is.
Luidens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is 3 785 nuwe virusgevalle sedert die vorige verslag aangemeld, terwyl 21 518 toetse gedoen is.
Altesame 40 186 mense het tans Covid-19 onder lede. Dit bring die algehele gevalle op 3 802 198 te staan, waarvan 96% mense in die land reeds herstel het.
Die departement van gesondheid het sewe nuwe Covid-19-verwante sterftes aangemeld, waarvan twee in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die algehele sterftesyfer staan nou op 100 377.
Die meeste nuwe gevalle is Dinsdag in Gauteng (45%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (28%), die Wes-Kaap (12%), Vrystaat (5%), Oos-Kaap (4%), Mpumalanga en Noordwes (2% elk), Limpopo en die Noord-Kaap (1% elk).
Provinsie | Getal nuwe gevalle op 3 Mei aangemeld |
Oos-Kaap | 156 |
Vrystaat | 187 |
Gauteng | 1 685 |
KwaZulu-Natal | 1 056 |
Limpopo | 40 |
Mpumalanga | 74 |
Noordwes | 62 |
Noord-Kaap | 52 |
Wes-Kaap | 473 |
Totaal | 3 785 |
Minstens 2 232 mense word tans met die virus in die hospitaal behandel nadat nog 68 mense sedert die vorige verslag opgeneem is.
Volgens die departement is altesame 50 591 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 34 941 461 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Herstelkoets v 96%!