Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Zweli Mkhize (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 648 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 816 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 648 214 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 15 427 nadat nog 49 sterftes aangemeld is: 11 in KwaZulu-Natal, 12 in Gauteng, agt in die Oos-Kaap, vyf in die Vrystaat en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 576 423 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 88,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 902 786 toetse vir Covid-19 gedoen, 18 620 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap87 32313,5%
Vrystaat41 6046,4%
Gauteng214 83133,1%
KwaZulu-Natal116 16717,9%
Limpopo14 1132,2%
Mpumalanga25 6804%
Noordwes27 0944,2%
Noord-Kaap13 1232%
Wes-Kaap108 27916,7%
Totaal648 214100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 04382 8421 438
Vrystaat81727 59013 197
Gauteng3 912190 27920 640
KwaZulu-Natal2 403106 3447 420
Limpopo25813 243612
Mpumalanga46624 289925
Noordwes31021 6735 111
Noord-Kaap1659 4993 459
Wes-Kaap4 053100 6643 562
Totaal15 427576 42356 364

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

En niemand gee meer om nie want julle lieg al van 26ste Maart en lieg nog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.