Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 750 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 842 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 751 024 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 20 241 nadat nog 35 sterftes aangemeld is.

Tot dusver het 693 467 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 5 130 192 toetse vir Covid-19 gedoen, 19 808 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevalle
Oos-Kaap108 313
Vrystaat58 418
Gauteng231 643
KwaZulu-Natal124 897
Limpopo18 220
Mpumalanga30 676
Noordwes34 317
Noord-Kaap22 725
Wes-Kaap121 815
Totaal751 024

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap4 05494 799
Vrystaat1 66348 109
Gauteng4 882224 840
KwaZulu-Natal3 287116 351
Limpopo48017 283
Mpumalanga61129 593
Noordwes51032 100
Noord-Kaap30118 700
Wes-Kaap4 453111 692
Totaal20 241693 467

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Nou nie om negatief te wees nie; maar kan MM dalk vir ons dieselfde afbraak van HIV positiewe gevalle gee? Dit behoort ons beter te laat voel oor die Corona gogga.

Persheks Adri ·

Verleng met nog ‘n maand tot 15 Desember so ver Wikus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.