Só lyk jongste Covid-19-statistieke, inentingsgetalle

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 529 420 gevalle is tot dusver bevestig van 9 560 492 toetse wat gedoen is (waarvan 23 903 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is).

Nog 65 sterftes (1 in die Oos-Kaap, 27 in die Vrystaat, 12 in Gauteng, 20 in KwaZulu-Natal en 5 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 51 326 te staan.

Minstens 1 454 290 persone (95%) het reeds herstel.

Altesaam 145 544 gesondheidsorgwerkers is reeds onder die Sisonke-protokol ingeënt.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19433312.7
Vrystaat814145.3
Gauteng40917326.8
KwaZulu-Natal33185421.7
Limpopo626854.1
Mpumalanga728784.8
Noordwes621584.1
Noord-Kaap348942.3
Wes-Kaap28003118.3
Totaal1529420100

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11323182729281
Vrystaat3493753382583
Gauteng100113964162746
KwaZulu-Natal98323152676755
Limpopo194860102635
Mpumalanga129470596988
Noordwes1291579372930
Noord-Kaap781320592054
Wes-Kaap113532638464832
Totaal51326145429023804

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MARIETA ·

Goeie dag.
Sien julle geen nie meer die daaglikse syfer vir infeksies nie net die dodetal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.