Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Brian Inganga/AP)

Meer as 264 000 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief vir Covid-19 getoets.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bekend gemaak dat die land 264 184 bevestigde Covid-19-gevalle het. Meer as 51 000 toetse is afgehandel sedert die vorige statistieke bekend gemaak is en meer as 2,1 miljoen toetse is nou al gedoen.

Altesaam 111 nuwe sterftes is bevestig: 38 in die Wes-Kaap, 30 in die Oos-Kaap, 26 in Gauteng, 13 in KwaZulu-Natal en vier in die Noord-Kaap. Die algehele sterftesyfer staan in hierdie stadium op 3 971.

Meer as 127 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 48,4%.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap48 23218,3%
Vrystaat4 6791,8%
Gauteng93 04435,2%
KwaZulu-Natal23 7539%
Limpopo2 8351,1%
Mpumalanga3 6211,4%
Noordwes9 4183,6%
Noord-Kaap1 2660,5%
Wes-Kaap77 33629,3%
Totaal264 184100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap66430 917
Vrystaat19681
Gauteng58029 038
KwaZulu-Natal2736 021
Limpopo33991
Mpumalanga22910
Noordwes361 715
Noord-Kaap11308
Wes-Kaap2 33357 134
Totaal3 971127 715

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Weet van gevalle wat verkeerdelik deur die sertifiseerder omskryf word, is daar n plek waar jy dit kan rapporteer

Alleen Wolf ·

Al hierdie syfers is hoohah,
Behalwe dat dit onmoontlik is om die ware syfers op enige stadium weer te gee sonder dat almal gelyk getoets word, is die totaal tot dusver ook onbelangrik, as dit enige iets kon beteken, dan is die huidige aktiewe gevalle die getal.
Die totale syfer word gerieflik rond gegooi om die prentjie donkerder te skets as wat dit werklik is en paniek te saai, nou kan ons regering maak nes hy wil want die mense is bang.
Jy moet agter jouself kyk so bes moontlik, geen syfer of regulasie gaan jou vrywaar van die virus nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.