Só lyk jongste Covid-19-syfers

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GautengProvince/Twitter)

Minstens 148 539 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 9 260 nuwe virusgevalle Vrydag aangemeld is.

Dit is effens minder as die aantal nuwe gevalle wat ʼn dag tevore (9 860) aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 20.2%.

Volgens die departement van gesondheid is 140 Covid-19-verwante sterftes sedert die vorige verslag aangemeld. Dit bring die algehele sterftesyfer op 92 252 te staan.

Maroela Media het vroeër berig dat die departement meer as 500 Covid-19-sterftes opgeteken het wat toegeskryf word aan ʼn oudit in alle provinsies om die agterstand van Covid-19-sterftes en nuwe gevalle by te werk.

Uit die 551 sterftes wat Donderdag aangeteken is, het net 45 egter in die voorafgaande 48 uur plaasgevind.

Die meeste nuwe gevalle is Vrydag weer in die Wes-Kaap (26%) opgeteken, gevolg deur KwaZulu-Natal (25%), Gauteng (20%), die Oos-Kaap (9%), Vrystaat (5%), Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap (4% elk).

ProvinsieAantal nuwe gevalle op 7 Januarie aangemeld
Oos-Kaap806
Vrystaat477
Gauteng1 813
KwaZulu-Natal2 303
Limpopo364
Mpumalanga338
Noordwes371
Noord-Kaap353
Wes-Kaap2 435
Totaal9 260

Minstens 8 807 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 361 mense Vrydag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 513 813 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie 93% reeds herstel het.

Daar is altesame 21 487 054 Covid-19-toetse gedoen, van wie 45 843 mense Vrydag vir die virus getoets is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 71 531 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 28 308 644 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich ·

Die statistiek is baseer op die PCR toets wat CDC as onbetroubaar met vals positiewe resultate verklaar het. Dit het dus min wetenskaplike waarde en skep net vrees onder die wat dit glo.

Christine ·

Ons stel werklik nie meer belang nie. Mense is besig om deur die klug te sien. Die ander 10 loop nou met oogklappe, maskers en boosters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.