Só lyk jongste Covid-19-syfers

(Foto ter illustrasie: Brandon Bell / AFP)

Minstens 197 076 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 9 020 nuwe virusgevalle Woensdag aangemeld is.

Dit is meer as die aantal nuwe gevalle wat ʼn dag tevore (7 216) aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 26%.

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal aangemeld (2 522), gevolg deur die Wes-Kaap (1 961), Gauteng (1 859), die Oos-Kaap (950), die Vrystaat (486), Limpopo (344), Mpumalanga (364), Noordwes (341) en die Noord-Kaap (193).

Minstens 9 038 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 458 mense opgeneem is.

Nog 81 Covid-19-verwante sterftes is Woensdag aangemeld, wat die algehele sterftesyfer op 90 935 te staan bring.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 433 554 mense in die land al die virus opgedoen, waarvan 92% reeds herstel het.

Daar is reeds 21 141 715 Covid-19-toetste gedoen, waarvan 34 753 mense Woensdag vir die virus getoets is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 48 874 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 27 913 197 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.