Só lyk jongste misdaadsyfers

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Altesaam 21 325 mense is in die tydperk 1 April 2019 tot 31 Maart 2020 in Suid-Afrika vermoor.

Dit is ʼn styging van 1,4% teenoor die 21 022 moorde in die 2018-’19-boekjaar. Dit is 58 moorde per dag.

Die jongste misdaadstatistiek is Vrydag bekend gemaak.

Volgens die polisie se statistiek was daar 49 plaasmoorde in die tydperk.

Poging tot moord het met 1,7% afgeneem tot 18 635 voorvalle. Seksuele misdrywe het van 52 420 tot 53 293 gevalle toegeneem. Meer as 42 000 verkragtings is in die tydperk aangemeld.

Roof het met 60 gevalle van 51 765 tot 51 825 toegeneem. Roof met verswarende omstandighede het egter met 3 958 gevalle van 140 032 tot 143 990 toegeneem.

Huisrooftogte het volgens die polisie met 5,8% afgeneem tot 21 130 gevalle, terwyl huisbrake met 6,7% afgeneem het tot 205 959 gevalle. Motorkapings het skerp toegeneem van 16 026 tot 18 162 gevalle.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kobus ·

Daars dit nou, dis soos mens appels met appels vergelyk, nie soos die Covid sterftes nie!

Adeline ·

1 moord, 1 diefstal/korrupsie, 1 roof, 1 seksistiese verkragting/mishandeling, ensovoorts is al klaar te veel. Wonner as mens nou vandag se getalle vergelyk vanaf 1900 -2020 hoe dit dan lyk in die 20 jaar van die voos vrot korrupte anc regeringstydperk se getalle lyk, as dit daarmee vergelyk moet word. Pateties sleg.
Kan ‘n weddenskap aangaan as die misdaadsyfer gebaseer word op ras en geslag watter ras en geslag sal die oormeerderheid wees in die getalle.

Piet ·

Gaan niks verander tot armoede aan gespreek word nie en daar is geen politiese druk of party om dit in die nabye toekoms aan te spreek nie. So lank as wat ons politici in die sakke van biljoenere en die gode van Sandton is gaan niks verander nie

Anoniem ·

Ons moenie bekommerd wees nie want ons regering red lewens tydens die pandemie….

Morné ·

Die anc is eintlik baie slim, kyk net hoe maak hulle “potholes” reg…….jip plant n bordjie wat se “Potholes” en siedaar die probleem is opgelos en niemand kan kla nie want hulle het mos nou iets gedoen omtrent die probleem. Misdaad is presies dieselfde, staan met my skeinheilige bakkies op die tv en se “Ek veroordeel die misdaad” en siedaar probleem opgelos! Betaal my nou my enorme salaris!!

Riaan ·

Amper als is op. Dit tref my nou nou soos n plaasaanval in die nag. SA is in “lockdown” steeds gaan als op. Weet julle hoe skrik wekkend is dit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.