Só lyk jongste misdaadsyfers

Argieffoto: Kent Williamson

Die misdaadsyfers vir 2018-’19 is Donderdagoggend in die parlement bekend gemaak.

Altesaam 21 022 mense is in die tydperk 1 April 2018 tot 31 Maart 2019 in Suid-Afrika vermoor teenoor 20 338 mense in die 2017-’18-boekjaar. Volgens die misdaadsyfers was 1 115 moorde die gevolg van huishoudelike geweld, 1 120 was bendeverwant en 789 weens boendoegeregtigheid. Volgens die polisie se statistiek was daar 47 plaasmoorde in die tydperk.

Die meeste moorde, 4 495, is in Gauteng gepleeg, gevolg deur 4 395 in KwaZulu-Natal, 3 974 in die Wes-Kaap, 3 965 in die Oos-Kaap, 1 000 in die Vrystaat, 996 in Mpumalanga, 961 in Noordwes, 914 in Limpopo en 322 in die Noord-Kaap.

Sowat 60% van die moorde in Suid-Afrika word oor naweke gepleeg, veral tussen Vrydagaande om 21:00 en Saterdag-voordag om 03:00.

Die meeste moorde, 7 156, is met vuurwapens gepleeg, gevolg deur messe (4 720), ongeïdentifiseerde skerp voorwerpe (1 552) en liggaamsdele (599). Minstens 72 moorde is met pangas gepleeg.

Ander misdaadstatistiek:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hasie ·

SA, dit is ‘n skande. Ek was nou vir twee maande in Frankryk en Spanje, ons het nie nodig gehad om deure te sluit deur die nag nie.

Gert van Wierdapark ·

Ons moet dankie se vir die a en see dat hul SA op verskeie plekke as nommer een in die Heelal “uitgelig” het!!!

Vonkprop ·

Onder die ANC gaan alles op. Niks kom af nie. O wag ek jok. Lewensstandaarde kom af, ekonomiese groei is af, skoolstandaarde is af, so ook Suid Afrikaners se moed.

Gerhard ·

Die syfers is nie ware syfers nie. Eerstens is dit al 6maande oud en tweedens meld mense nie alle misdade aan nie want dit help in elk geval nie.
Die ware syfers is eintlik veel hoer
Pateties

SjN ·

Duimsuig statistieke, alle sake word nie aangemeld aangesien die monitors dink hulle doen jou n helse guns, intussen weet hul nie hoe om dit te hanteer nie.

Andre ·

Ek glo die kamstige misdaadstatistieke net so min soos ek die “amptelike” werkloosheid-syfer, die getal mense in die land, en die sogenaamde ekonomiese groeikoers van die afgelope kwartaal glo.

Theo ·

Jammer om ‘n ou kitaar te speel. Ons huidige vlag is die vlag van ‘ n mislukte straat. Hoe kan ons dit respekteer?

Charel du Preez ·

As die doodstraf op verkragting en mood teruggebring word gaan die laksman baie besig wees want hy gaan oor di 70 000 teregsteling he

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.