Só lyk jongste werkloosheidsyfers

Argieffoto

Die werkloosheidsyfer vir die tweede kwartaal van 2017 het onveranderd gebly op 27,7%, hoewel dit 1,1 persentasiepunt hoër is as ʼn jaar gelede.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Maandag sy arbeidsmagpeiling vir die tweede kwartaal van 2017 bekend gemaak. Daarin word aangedui dat indiensneming in die tweede kwartaal van 2017 met 113 000 afgeneem het na ongeveer 16,1 miljoen.

Die getal werksoekers het egter ook afgeneem met 37 000 na ongeveer 6,2 miljoen wat daartoe gelei het dat die werkloosheidsyfer onveranderd gebly het.

SSA het gesê die afname in indiensneming in die tweede kwartaal is deur ses van die tien sektore gedryf, met die grootste afname in die konstruksie- en landboubedryf. Indiensneming het egter toegeneem in die handels-, finansies-, vervaardigings- en nutsdienste-bedryf.

Die getal werklose mense het tussen die eerste en tweede kwartale in vyf van die nege provinsies afgeneem. Die grootste indiensnemingverlies is in Gauteng en die Oos-Kaap aangeteken, terwyl indiensneming in Limpopo en KwaZulu-Natal onderskeidelik met 32 000 en 29 000 toegeneem het.

SSA het gesê jong mense tussen 15 en 24 jaar oud is steeds die weerloosste sektor van die arbeidsmark met ʼn werkloosheidsyfer van byna 56% en opnamekoers van 12%. Altesaam 32,3% van die mense in hierdie ouderdomsgroep werk nie, is nie op skool nie en ontvang nie onderrig of opleiding nie. Dit is gelykstaande aan ongeveer 3,3 miljoen jongmense.

Die uitgebreide werkloosheidkoers wat 3,1 miljoen mense insluit wat beskikbaar is om te werk, maar nie tydens die verwysingstydperk vir werk gesoek het nie, het met 0,2% toegeneem tot 36,6%.

SSA het gesê dit kom neer op ongeveer 9,3 miljoen mense tussen 15 en 64 jaar oud wat graag wil werk en beskikbaar is om te werk, maar hul arbeid word nie gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

dovaz ·

Kan mens die syfers ooit glo? Soos gewoonlik a thumbsuck? Ek en my seun is deel v d statistiek weens die wit monopoly faktor. Tesame het ons 750 cv’s weg gestuur. Een het per email my die vlgnde laat weet: Your cv is excellent. Good qualifications and very good experience but unfortunately you are over qualified and we are looking for a black person to employ. We won’t be able to afford you.
LW by gese: Good luck with your hunt.
Dit is a rede hkm ek die syfers betwyfel.

Hallo dovaz ·

Ekt 1000cv’s in n maand weg gestuur. 500 in die 36maande daarna. Toe het ek my eie tutoring besigheid begin, omdat ek n gekwalifiseerde onderwyser is met n BSC honeurs. Toe laas maand na 49maande se gesukkel het ek atlast werk gekry by n homeschool. Die vrou wat die skool besit is baie goed vir my en ons kom goed oor die weg. Sterkte en hou aan soek. Iewers sal n deur oopgaan. Al vat dit soms n bietjie van n skop.
Sterkte

anton ·

Blankes mors eintelik hulle tyd om aansoek te doen vir werk want ek het al opgemerk dat by meeste van die poste wat beskikbaar is, daar letterlik 100 de mense voor aansoek doen en nog meer na die pos kyk of belangstel.
Jou vel kleur tel eerstens 100% teen jou!!!
Dit gaan lankal nie meer oor wat jy ken nie maar eerder wie jy ken!!!

Kirsten ·

Die probleem is ook dat bitter min wit laaitjies sal tilslat terwyl hulle studeer of ek hoor hoeveel keer hier by my. Ek was opsoek na picker and packer, hier het 10 seuns/mans opgedaag, 6ander kleurig, 4 wit. Toe hulle sien en hoor watter werk dit is (labour) toe word daar net neergekyk op die werk, en loop, en dis nou dieselfde seuns wat sal sê hulle soek dringend werk en en en, maar nie bereid om te werk nie, soek alles op skinkbord.

dovaz ·

Wel Kirsten ek glo nie alle mense (jongmense) is opgevoed soos ondankbare bratts nie. Party is nie stupid om te weet wat in die land aan gaan nie. Mits party companies ‘n reputasie het.

Johann ·

En ons moet STATS SA glo? No way! Behalwe dat dit daar net so erg as by ander instellings gaan met totaal onbekwame personeel wat als behalwe volgens kwalifikasie of ondervinding aangestel word…is dit mos nou die ideale ZUPTOPIA manier om te lieg oor hoe fantasties dit gaan in SA danksy die ANC? So obvious soos daglig! ANC LEGACY: Lieg die realiteit weg met leë beloftes en verdraaide feite om die massas te manupileer.

koos ·

Ek het moeg geraak van werk soek en nu skuld het al hoe meer geraak. My kwalifikasies en werksondervinding is gedurig geïgnoreer en eks werk geweier NET omdat ek wit is. Uiteindelik het ek my 2 universiteitsgrade afgehaal van my CV en my werksondervinding op my CV “aangepas”. Dit het sowaar gewerk en ek het weer ordentelike werk gekry.

Anti spur ·

Haal die imigrante waarvan hulle weet uit dan lyk die prentjie dalk bietjie beter

jaco ·

9.3 miljoen mense werkloos, maar die TOTALE wit bevolking is maar net 4 miljoen en wit mense is die een groep wat weens regstellende aksie NIE werk kry nie. Die oorgrote meerderheid werkloses moet dus swart wees. Regstellende aksie bevoordeel hulle egter en werk word gegee veral oor die “regte” velkleur. Kwalifikasies en ondervinding tel amper niks. Nou wonder ek maar net: waarom is daar dan hoegenaamd swart werkloosheid? Iewers maak iets nie sin nie.

Andre ·

SSA se statistieke is so geloofwaardig soos die tandmuis se besoek. Die korrekte werkloosheidsyfer is sowat 45%. En ons is glo net 57 miljoen mense in SA? Bog! 100 Miljoen plus ja! Die grense is oop vir die res van Afrika, en hulle benut dit uiters goed …

anton ·

Andre, ek stem heeltemal saam met jou.
En miskien 57 miljoen mense in S.A wat hulle van weet, die ander miljoene weet hulle nie van nie of wil hulle nie van weet nie!!!

Johannes Meintjes ·

Dit is vir my asof die kritiese ekonomiese faktore wat die man, vrou en kinders op grondvlak SA raak, glad nie aangespreek word nie. Daar is nie kontanvloei beskikbaar nie! Daar is ook vir talle nie geredelik werk beskikbaar nie. Kontantvloei word gekortwiek deur gebrek aan buitelandse beleggers, groot ondernemings wat uit SA onttrek, banke, buitelands besighede en Guptakrasie wat geld (profyte) uit die land onttrek, gemanipuleerde ekonomiese geleenthede wat net sekeres bevoordeel, enekele rykes, skelmstreke rondom lenings en boedelbereddering … Vir ‘n groeiende aantal mense op SA grondvlak raak oorlewing haas onmoontlik en onbekostigbaar. Waar kan die gemiddelde burger in SA byhou met medies, inflasie, belastings, brandstofpryse, korrupte “AARTO” eksperimente, die gewraakde e-Toll, stygende kostes, buitensporige voedselpryse, bedelbriefies, nuwe instansies wat die regering en kerk se werk wil probeer doen, edm? Politieke geraas (bo blink en onder stink) en internasionale beleggerswantroue jeens SA los nie hierdie kritiese werkloosheid en inkomsteloosheid op nie. Mense en besigheidjies verneuk mekaar elke dag! Misdaad, as ‘n alternatiewe ekonomie, is tog nie volhoubaar nie? Volgende generasies word voorspel om nog lank in die Nuwe SA gebuk te gaan onder die slegte vrugte van verarming en gepaardgaande gemeenskaps verval in moraliteit.

BANG JAN SE VROU ·

Werkloses kry “grants” waarvoor hul geen enkele vinger roer nie. Waarom sou hul werk of iets doen om hul vir iets te bekwaam?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.