Só lyk Kaapse damvlakke nou

Stand van Wes-Kaapse damme (8 Mei 2017) Foto: Departement van water en sanitasie

Die gemiddelde watervlak van damme oor die Wes-Kaap heen het tot 20% gedaal.

Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die provinsie, het gebruikers opnuut gemaan om water te bespaar. “Ons moet alles in ons vermoë doen om al hoe minder water te gebruik. Gebruikers het tot dusver baie goed saamgewerk en het goed reageer op ons versoeke om water te bespaar,” het Bredell gesê. “Ons sal selfs nog meer moet doen om seker te maak dat ons water nie heeltemal opdroog nie.”

Bredell sê sy departement vergader gereeld met alle belanghebbendes en betrokke partye, insluitend staatsdepartemente om die situasie te assesseer en nuwe strategieë te implementeer. “Ons rampbestuurspan bly op bystand.”

Die jongste damvlakke soos vrygestel deur die departement van water en sanitasie:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan Frederik ·

Ontsoutingsaanleg is die enigste langtermynoplossing. Die watersituasie gaan nie beter raak nie.

Francois ·

Dit is inderdaad, maar die regering wil eeerder KERN KRAG hê! Wat het ons meer nodig nou, krag of water?

Jan Swanepoel ·

Ja, die weerpatrone die afgelope 2 jaar speel n rol, maar die groot probleem hier is die wanbestuur van ons water hulpbronne. Om eerlik te wees, die DWS het op hulle hande gesit die afgelope 10 jaar. Net n klomp onbevoegde amptenare wat absoluut niks weet van hoe om SA se water hulpbronne doeltreffend te bestuur vir die langtermyn nie. Daar was die afgelope jare geen impak studies gedoen of planne gemaak in terme van wat die Wes-Kaap (land) gaan doen om by te hou met die drastiese groeiende Wes-Kaapse bevolking nie. Inteendeel, water word net verniet gegee vir die ‘volk’, lekasies word nie reggemaak nie en die infrastruktuur word nie uitgebrei of opgegradeer nie. As hulle hierdie probleem wil oplos moet hulle dadelik van ons land se top ingenieurs op die ‘job’ sit sodat hulle vir ons n langtermyn strategie kan opstel. Enigste oplossing. Die bevolking raak meer en die land droër – water spaar gaan die probleem net tydelik vertraag.

Mr P ·

Ons water word ni reg bestuur ni. Almal moet bstrokke raak. In die swart woon gebiede waar ek ook werk sien ek daagliks hoe water net eenvoudig uit stukkende pype en kranw loop.

John ·

Soos van die ander damme in die land, lyk die Kaap se damme ook toegeslik, meer soos panne, wat beteken dat daar nooit regtig van 100% vol gepraat kan word nie en word dit weer in ‘n japtrap leeg. Saoedi-Arabie sleep blykbaar nou ‘n ysberg vanaf die Suidpool om dit daar op ‘n manier te gebruik. Indien ons groot ondergrondse tenks, soos die’ vir die berging van olie langs riviere inbou, kan dit gedurende goeie reens, volgetap word. Veral waar rivierlope nie natuurlike terreine vorm waarin damwalle gebou kan word nie, kan sulke watertenks dalk nuttig wees…. maar die woord geld gee die regering koue rillings…

ha botha ·

Die probleem met water hier in die Wes Kaap is dat daar hengse groot ontwikkelinge plaasvind………kyk maar hoe Sunningdale uitgebrei het……en geen voorsiening gemaak is vir watergebruik in die toekoms. Orals word huise en winkelsentrums gebou, maar geen damme.

Dirk Breytenbach ·

Groot ontwikkelings en migrasie maar die vraag bly staan; Plaaslike regering wat is julle alternatiewe na soveel jare? Moet asb. nie aanry van water voorstel nie daar was genoeg tyd om werkbare maatreels in plek te plaas. Die verbruikers en kiesers het hulle deel nagekom. Wat nou as die reen nie betyds kom nie?

Johan ·

Wat van om al die damme in die land te verbind met pyplydings? Sodoende as die damme in Gauteng begin oorloop kan water gepomp word na damme wat nog nie vol is nie en die teenoorgestelde geld dan ook. Soedoende kan meer water opgegaar word en minder in die see opeindig en dit behoor goedkoper te wees as nuwe damme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.