Só lyk kans vir beurtkrag die naweek

Argieffoto

Eskom het nie Vrydag beurtkrag toegepas nie en volgens die kragvoorsiener is die kans vir beurtkrag oor die volgende paar dae laag.

Volgens Eskom is die kragnetwerk egter steeds onder druk en kwesbaar. Eskom het gesê hy doen alles in sy vermoë om beurtkrag te beperk maar dat dit op kort kennisgewing toegepas kan word indien die situasie by kragstasies verander.

“Dit kan ʼn beduidende verlies in opwekking as gevolg van onbeplande tegniese onderbrekings insluit. Ons doen steeds ’n beroep op inwoners en besighede om elektrisiteit spaarsamig te gebruik in die tydperk.

“Skakel geisers sowel as alle nie-noodsaaklike beligting- en elektrisiteitstoestelle af om die vraag te verminder,” het Eskom gesê.

Suid-Afrikaners het van Sondag tot Donderdag beurtkrag ervaar met fase 4-beurtkrag wat Maandag vir die eerste keer sedert 2015 toegepas is. Daar is gewaarsku dat beurtkrag tot April vanjaar kan voortduur.

Parlementslede het ook Woensdag gehoor indien Eskom nie ʼn finansiële reddingsboei van die regering ontvang nie, die kragvoorsiener teen April insolvent verklaar kan word.

Eskom is reeds tegnies insolvent en verkeer in ʼn krisistoestand wat lei tot gereelde kragonderbrekings en die toepassing van beurtkrag. Die krisis is as gevolg van onder meer jarelange wanbestuur, korrupsie en swak besluitneming by die kragreus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Nou hoekom nie die Wanbestuur en korrupsie aan spreek voordat ons as verbruikers moet swwarkry? As hulle weet waar die probleem is doen iets. Almal wat Wanbestuur of korrup is loop skotvry rond. Niemand in hierdie land het die durf, mag of die Wil om op te staan en te Se nou is Genoeg…. Hier Kom aksie… AL aksie is laat die verbruiker maar swaarkry.

Eben ·

Stem 100% saam. Ek sal net ‘n paar ander woorde wil byvoeg.

Naja Nivea ·

Ek sal dit glo wanneer ek dit sien/ervaar. Ek glo en vertrou hulle nie. Geen beurtkrag tot na volgende week se begrotingsrede.

Chris du preez ·

Terwyl CR Escom nou wil ontbondel moet hy sommer die naam verander na Nescom. Wat staan vir No electricity supply comission.

Lampies ·

Eskom se toekoms is n illusie wat veroorsaak word deur te veel aaptwak te rook. Eskom is BANKROTverby!!! Wie gaan die agterstallige biljoene betaal? Wie gaan die onwettige kragdiefstal stop? Eskom kan nie eens die rente op hul skuld betaal nie! Nee wat, Eskom is vewoes, die ondehoud aan die stelsel is al ses jaar agter! Belastingbetalers sal maar moet betaal, soos altyd!

Deon ·

Die spelfoute en amateuragtige aanbieding dui aan dit is sommer fopnuus.

John ·

Die kers is toepaslik. Gelukkig is die Bic-fabrieke nog aan die gang… loop seker op sonkrag elders in die wèreld. En was loop by Sasol se ore uit… diè dat dit nie meer wit wil sien nie.

Grassie ·

Eskom het seker hul sin gekry in hul onderhandelings met die regering, daarom is daar nou skielik weer genoeg krag. Ek dink dit is afpersing, maar so gaan dit as gewetenlose “peoples” aan bewind is.

Chris Ws ·

Ramaja het nie die vaagste benul hoe om Evkom reg te ruk nie.Die maatreels wat hy aangekondig het gaan niks help nie.En al kry hulle buitelandse ingeneurs om te kom “help” sien ek steeds net donkerte in die tonnel want die agterstand met onderhoud en instandhouding is baie groot.
Bou solank ‘n groot voorraad kerse op,kry ‘n gas stoof,krag opwekker en gas yskas.Of vat maar die “punch” want Evkom gaan ons “drop”!

J ·

Ek verstaan julle nie. Ek sit anderkant die Unigebou en ons kry glad nie “Load shedding” nie. En omdat ons nou almal gelyk is beteken dit moes seker julle jok oor die problem. Of is ons miskin dog nie gelyk nie? Orwells Animal Farm?

Antie ·

Omrede die krag nooit by al die ministers wat by Uniegebou huise het, deel is van beurtkrag nie

Wonder-maar-net ·

Ek lees op News24 dat Tito Mboweni hierdie week wat kom ‘n laaste reddingsboei gaan uitgooi en Eksdom gaan red. Wat hul nie sê nie, is waar hul hierdie R420 biljoen gaan kry. Die enigste plek wat nog ‘n paar Rand oor het, is die Pensioenfondse. As jy dus ‘n ouma, oupa of iemand het wat vir die staat gewerk en pensioen inbetaal het (my hele familie was in die onderwys) – dis die mense wat gaan betaal! En as hulle ‘n chroniese siekte het soos asma, kanker, hartversaking of diabetes, ens. gaan hul sterf, want medies is nie gratis of op standaard by die staatshospitale nie. Die media moet dié een dophou, asb.

Christine ·

Alles Suid Afrikaners moet nie eskom rekeninge betaal nie , bring Eskom tot n val , laat Afriforum dan energie oorneem of laat bou , ons kan mos beter doen.
ons verryk net die grootkoppe, want almal is met almal se susters getroud wat hoof is van Eskom, Hele familie besigheid. Laat ons hulle slaan waar dit die seerste maak , geld .
Suid Afrikaners , staan saam en bring Eskom tot n val.

Helene Heyns ·

Eskom doen n beroep op inwoners en besighede om krag spaarsamig te gebruik maar op hierdie oomblik kyk ek op straatligte in Bellville wat brand…..nou hoe nou?

Dries du Toit ·

Wil daai lang man met die bruin pak nie maar kom om ons te red nie

Eye of the Tiger ·

@Dries – Nie meer lank nie my vriend! Byt vas! Tik tok, tik tok…….

Dorothy ·

Dankie Eskom, julle hou ons op ons tone. Geen vervelige oomblik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.