Só lyk kanse op beurtkrag Dinsdag

(Argieffoto: Pixabay.com)

Eskom het Maandag aangekondig fase 2-beurtkrag sal vanaf Dinsdag 09:00 toegepas word.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 1-beurtkrag tot Dinsdagoggend 05:00 toegepas word. Beurtkrag gaan moontlik vir die res van die week voortduur.

“Dit is weens die aantal eenhede wat onbeplande onderbrekings ervaar het en na verwagting eers later in die week weer beskikbaar sal wees.”

Eskom het gesê die kragnetwerk is tans onder druk. Onbeplande onderbrekings het Maandag omstreeks 16:10 sowat 12 371 MW beloop, terwyl beplande onderbrekings weens instandhouding 4 728 MW beloop het.

“Die toepassing van beurtkrag sal Eskom in ʼn beter posisie plaas om aan die stygende aanvraag te voldoen. Daar word intussen gewerk om die onbeplande onderbrekings te herstel.”

Die kragvoorsiener doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en hom by te staan om die vraag te verminder.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die munisipaliteit se webwerf besoek om jou beurtkragskedule te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.