Só lyk kanse op beurtkrag Woensdag

beurtkrag-kers

(Argieffoto)

Eskom het gesê hy verwag nie om Woensdag beurtkrag in te stel nie, maar daar is wel ’n moontlikheid van beurtkrag vir die res van die week. Dit is weens onbeplande instandhoudingswerk wat gedoen moet word.

Eskom het gesê hy gebruik noodopwekkingsreserwes om die voorraad aan te vul.

“Die netwerk is onder druk, kwesbaar en onvoorspelbaar en beurtkrag kan op kort kennisgewing in werking gestel word, sou die situasie verander,” het die kragvoorsiener Dinsdag gesê.

Teen Dinsdagmiddag omstreeks 16:25 was onbeplande instandhoudingswerk op 12 751 MW en beplande instandhoudingswerk op 4 020 MW.

Eskom het weereens benadruk dat die moontlikheid van beurtkrag verhoog terwyl hy kritieke instandhoudingswerk doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Phillip ·

“Dit is weens onbeplande instandhoudingswerk wat gedoen moet word…” Wonder hoeveel keer gaan hulle nog daai verskoning gebruik. Begin bietjie beplan (en keer dat julle steenkool nie nat reën nie), dan sal dinge dalk begin beter gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.