Só lyk kanse vir beurtkrag Dinsdag

(Foto: Yaoqi LAI)

Geen beurtkrag word Dinsdag verwag nie, hoewel die moontlikheid altyd bestaan dat Eskom beurtkrag op kort kennisgewing kan instel.

Die kragvoorsiener het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê die kragstelsel is steeds onvoorspelbaar en kwesbaar. Eskom maak tans gebruik van sy noodreserwes om voorraad aan te vul waar nodig.

Onbeperkte kragonderbrekings het Maandag omstreeks 16:10 op 11 174 MW gestaan met beplande instandhoudingswerk op 3 846 MW.

Eskom doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit te bespaar waar moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
George

Nou het ESKOM n verskoning met die “lockdown”.

Feite

Dit gaan absoluut chaos wees as daar nog beurtkrag bo op lockdown gaan kom!

Michael 1

Elarduspark ondervind nou “kragonderbrekings “

RS

Hoe kan beurtkrag nog voortgaan as besighede toe maak en verbruik verminder?

Martie

Met die dat baie maatskappye noodgedwonge moet toemaak en mense van die huis af werk waar nodig, behoort daar eintlik baie meer krag bespraar word, wat die kanse op beurtkrag behoort te verminder.