Só lyk kanse vir beurtkrag vir die week

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het Sondagaand aangekondig fase 2-beurtkrag gaan Maandag van 09:00 voortduur. Die kragvoorsiener verwag ook moontlike beurtkrag vir die komende week weens die vraag na elektrisiteit wat in die koue weerstoestande beduidend kan toeneem.

Volgens Eskom werk hy onverpoos om al sy opwekkingseenhede wat verlede week die gees gegee het, weer in diens te stel. “Eskom het egter nog nie voldoende vordering gemaak om sodoende beurtkrag vir die week heeltemal af te skaf nie.”

Dit word egter verwag dat die kragnetwerk die komende week steeds erg onder druk sal wees.

Beurtkrag sal tot 22:00 Maandagaand voortduur. Dit word gedoen ten einde die noodopwekkerreserwes aan te vul sodat daar beter voorberei kan word vir die komende week.

Eskom se instandhoudingswerkers kon Sondag daarin slaag om ʼn eenheid by die Kriel-kragstasie weer in diens te stel. Dit het 475 MW tot die kragnetwerk bygevoeg. Die herstel van die opwekkingseenhede by die Kriel- en die Tutuka-kragstasie was vertraag, wat tot die kragonderbrekings bygedra het.

“Eskom doen ʼn beroep op mense om te help om elektrisiteitsverbruik te verminder ten einde die uitwerking van beurtkrag te versag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lukas ·

Hulle het drie maande tyd gehad om onderhoud te pleeg. Die nuwe bewindvoerder maak blykbaar ook nie verskil nie. Dan nog beurt krag???

Prikkie ·

Ons doen ons bes om krag op te wek, maar moet dit om hemelsnaam nie gebruik nie!

Baardman ·

En as die eenhede weer in bedryf is, gaan die steenkool seker weer natreen.

Willem ·

2 of 3dae se beurtkrag die winter word nou 1dae. Geweet als klink te goed om waar te wees

Persheks Adri ·

Hier is al WEER mene wat nie kan tel nie! Daar is gese slegs 3 dae se beurtkrag, maar nee hulle kan mos nie hul werk doen nie en nog minder kan hulle tel. Ons weet waar presies hul leer om so te lieg!!!

Pierreli ·

Van die hand na die mond val die pap op die grond. Niks nuuts nie, selfde as die regering.

Pierre ·

ONS moet verbruik verminder? Eskom doen dit sommer vir ons!

koos10 ·

En nou moet mense tussen 9 en 4 by die huis wees, sonder krag, drank of sigarette. En dan is CR bekommerd oor geweld teen vroue en kinders???

Scalla ·

Aangesien daar te veel mense by Eskom is stel ek voor dat die surplus mense onwettige krag verbindings verwyder 24/7. Sal deels probleem oplas.

Kobus ·

Sien Julle almal het dit verkeerd…..Die steenkool is gevries, daarom vat dit langer om eers te ontdooi….

Jax ·

n Totaal onbevoegde regering wat elektrisiteit moet verskaf en dit nie kan doen nie, wil nou vir my vertel dat ek nie in die aand erens heen kan ry as ek so voel nie, dat ek nie na my kinders en kleinkinders mag gaan nie en nie my depressie-lyer vriend mag ondersteun nie.
Gaan blaas doppies – ek sal kom en gaan soos dit my pas! Ek doen wat ek moet doen – bly tuis as ek siek is, dra n masker as ek saam met ander mense is, was letterlik alles as ek in winkels of elders was, spandeer baie geld om my immuunstelsel op te bou en hou! Probeer my stop as my op-die – punt-van-selfmoord vriendin bel en sê sy kan nie verder nie. Probeer my stop as my 10-jarige kleinkind vra waar sy oupa en ouma dan is en vir sy mamma sê ons is nie meer lief vir hom nie! Probeer my keer!! Ek daag jou uit, totaal onbevoegde regering van SA!

Mariana ·

Dieselfde storie net ander dag/naweek/week. En so sal dit wees……

Hercules ·

ek het gedink die nuwe ruiter op sy witperd wat die leisels as CEO oorgeneem, gaan ‘n verskil maak! of miskien nie :-(

die ANC se 26 jaar van geen instandhouding kan nie nou nog blameer word nie!

dis seker kouwit 2020 se skuld!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.