Só lyk kanse vir reën

Argieffoto

Argieffoto

Baie binnelanders kan nog tot Woensdag lekker reën verwag, maar dan meer as ’n week op die volgende lafenis wag. Dit blyk uit data van die Noorweegse weerdiens tot Donderdag oor ‘n week.

Bloemfontein kan nog môre na lekker eendeweer uitsien, maar dan lyk kanse tot Donderdag 20 November maar skraps. Kimberley kan ook nog môre ‘n bui of wat te wagte wees, maar moet dan ook tot die 20ste vir ‘n katspoegie wag. Dieselfde geld Upington.

Johannesburg kan nog tot hierdie Donderdag reën verwag, met Pretoria wat Donderdag nog na ‘n katspoegie kan uitsien. Pretoria kan weer Dinsdag 18 November ’n bietjie reën verwag, asook reën die Woensdag en Donderdag. Johannesburg moet ook eers tot die 19de wag vir die reënkanse om weer ’n opwagting te maak.

Rustenburg kan ook nog Donderdag bietjie reën te wagte wees, en daarna weer Vrydag en Saterdag, en volgende week weer van Dinsdag tot Donderdag.

Polokwane kan weer van Vrydag af tot Maandag buie verwag.

Middelburg in Mpumalanga se reënkanse duur van hierdie Donderdag tot die volgende Donderdag.

Die voorspelling vir al hierdie plekke strek nie verder as Donderdag 20 November nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.