Só lyk matriekuitslae vir 2017

Angie Motshekga Foto: DOC

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdagaand die uitslae van die 2017 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen bekendgemaak.

Die matriekslaagsyfer vir 2017 is 75,1%, ʼn verbetering van 2,6% op 2016. Dié slaagsyfer sluit progressie-leerlinge in wat outomaties deurgesit is. Wanneer die progressie-leerlinge uitgesluit word, is die slaagsyfer 76,5%, ʼn verbetering van 0,3% vergeleke met 2016.

Wanneer daar na die provinsies se slaagsyfers gekyk word met progressie-leerlinge ingesluit, het die Vrystaat koning gekraai met 86,1%. Gauteng is in die tweede plek met 85,1%, gevolg deur die Wes-Kaap met 82,7%.

In die vierde plek is Noordwes met 79,4%, gevolg deur die Noord-Kaap met 75,6%, Mpumalanga met 74,8%, KwaZulu-Natal met 72,8%, Limpopo met 65,6% en die Oos-Kaap met 65%.

Die hoogs presterende distrik in die land is die Fezile Dabi-distrik in die Vrystaat met ʼn slaagsyfer van 90,2%, gevolg deur Thabo Mofutsanyana in die Vrystaat met 90% en Tshwane-Suid in Gauteng met 89,8%.

In die vierde plek is Ekurhuleni-Noord in Gauteng, gevolg deur Tshwane-Noord, Gauteng-Wes, Johannesburg-Wes, Sedibeng-Oos, Johannesburg-Oos en Overberg in die Wes-Kaap.

Altesaam 535 484 voltydse kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen by 6 844 lokale reg oor die land geskryf. Altesaam 117 223 deeltydse kandidate het die eksamen geskryf.

Altesaam 161 081 onderskeidings is behaal, insluitend kritiese vakke soos rekeningkunde, wiskunde, ekonomie en fisiese wetenskappe. Met altesaam 25 574 openbare skole in die land het Motshekga gesê daar is 62 154 onderskeidings in die 12 sleutelvakke behaal. Dit is ʼn daling van 4,6% van 2016.

Altesaam 5 040 onderskeidings is in rekeningkunde behaal, 6 726 onderskeidings in wiskunde en 7 861 onderskeidings in fisiese wetenskappe.

“Altesaam 314 943, of 78,5% van die kandidate, het hul matriek met ʼn graad- en diploma-toelating geslaag en kan in aanmerking kom vir naskoolse studies by hoëronderwysinstansies,” het Motshekga gesê.

“Die 86 364 kandidate, of 21,5%, wat sertifikaattoelating gekry het, kan by tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) en ander vaardigheidsopleidingsinstansies inskryf.”

Matrieks sal egter tot Vrydagoggend moet wag om hul individuele uitslae te kry. Die uitslae sal van 06:00 op Maroela Media beskikbaar wees, asook in koerante en by skole vir al die provinsies behalwe die Wes-Kaap.

Die matriekuitslae is nou hier beskikbaar:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

snoefie ·

hoeveel van die kinders gaan (sug) brein kanker universiteit toe neem?

Koos ·

So daar is druipelinge in die “progressie” leerlinge groep….deesdae is dit nie maklik om matriek te druip nie….so die lummels word sommer net deurgesit…cry my beloved country!!

Tokkie ·

Ek is jammer ek kan net doodeenvoudig niks glo wat hierdie regering of enige staatsinstasie publiseer nie – ek het sopas die top prestreerders se name gesien – ek weet van leerders wat briljante studente was hierdie jaar – hoekom is hulle name nie gepubliseer nie ?

Hanna ·

Nou wonder ek of hierdie “progressie” leerders ook gaan toustaan by die universiteite en aandring op gratis tersiere onderrig? EFF gaan mos almal help wat matriek deurgekom het ( met of sonder verdienste). Sal maar moet sien…

Wdp ·

Ons land se kinders word al hoe slimmer en die ekonomie gaan al hoe meer agteruit!

Livies ·

Ek hoop dat die oorspronklike punte gebruik word om impiriese navorsing te doen oor die ware toedrag van sake. Dis onmoontlik om wetenskaplike gevolgtrekkings te maak as hierdie weg nie gevolg word nie. Hoekom is die DA nie na die vergaderings genooi nie. Ons hoor min daarvan?. Ek ruik n rot. Hoe word die prosessie leerlinge bepaal? Prorata?. Ek wens n ondersoekende joernalis wil hierdie sake in die onderwys ondersoek. En die
publiek inlig wat werklik agter die skerms in die onderwys aangaan.

Bekommerde oupa wat vir 40 jaar in die onderwys is.

L ·

Stel ondersoek in . Nie eers die DA is uitgenooi na die vergaderings waar die stats gekook word nie.

Sê maar net ·

Pastoor, dit is beslis die grootste grap!!! Belaglik man, waar kom daardie areas vandaan om so wonderlik te presteer. Skool is n grap en so ook nagraadse studies.

Zoom zoom ·

Ja nee, matrieks deesdae net so slim soos hulle president, net, hulle het darem n deurgesitte-matriek…..

LHS ·

Almal is bewus daarvan dat alle punte in skole die hele tyd gepas word sodat alle skoliere moet slaag, vraestelle word doodeenvoudig so eenvoudig moontlik opgestel, many ways to kill a cat. Standaarde is op die laagste ooit. Nee geagte mev. die minister, n klompie jare gelede sou jou slaagsyfer nie 30% gewees het nie. Wie word gebluf?

Matriek leerder ·

Matriek is ni maklik ni die goed is baie moeiliker as wat julle gedoen het op skool die helfte van julle wat so se dis niks ni en eenige iemand kan dit doen sal ni eers wiskunde geleentheid deur kom ni dan wil julle kom se dis maklik kry jou feite in orde voor jy wil be-oordeel

Akademi Buktu ·

Matriek leerder. Dis absoluut wonderlik hoe goed jou skool jou leer spel het.

Adriaan ·

“Matriek leerder” gooi spel en leesteken reëls oorboord, asof hy / sy op sosiale media is en verwag om erstig opgeneem te word …

Jim ·

Matriek leerder,
Jy is heeltemaal reg, ek sal nie “wiskunde geleentheid” slaag nie. Nog nooit daarvan gehoor nie.
Miskien kan jy vir my inlig waarom die “slim studente wat ‘n moeilike” matriek slaag so sukkel met “calculus” en wwarom hulle so swak spel.

o ·

Hoe kan die persentasie wat die progressie-leerlinge insluit(75.1%) laer wees as die persentasie wat hulle uitlsuit(76.5%)? Of lees ek die berig verkeerd?

Rupert Ashford ·

Hoeveel eerstejaars is laasjaar by alle SA Universiteite toegelaat? Kan hulle 315000 hanteer (en moet nie die druipelinge/herhalers vergeet nie)? :-)

Marilize ·

Ek het gisteraand die uitslae op die nuus gekyk op n kykNET kanaal. Die gemiddeld vir die land wat geslaag het het gedaal nie gestyg….verkeerd uitgewerk

Gerhard ·

O wee hoekom werk die link nie om die uit slae te sien.Is daar weer iewers n“finger`problem“

Monique ·

Progressie leerders, is die leerders wat graad 11 gedruip het maar deurgesit is matriek toe… wanneer hulle uitslae nie by die res getel word nie is die algehele uitslae effens beter.

Catherine ·

Ek kry groot lag vir hierdie wonderlike uitslae!!!Seker diê dat ons so goed vergelyk met res van die wêreld!!!Ek is self in die onderwys……

RK ·

Kan eenige iemand net verduidelik hoe dit moontlik is dat die % slaagsyfer die jaar meer is as laas jaar as die meeste van die provinsies verswak het? Het dit gesien op die nuus gister aand en verstaan dit nie. Sy leer seker by Zuma hoe om te tel.

Daan ·

Die syfers word so gekook as 50% van die leerders deur is dan is dit baie vra vir enige onderwyser wat die vraestelle by die merk sentrums doen

Kat ·

Niks wat die regering kwytraak is waar nie. Was nooitnie en sal ook nooit wees nie.Alles isn klug

Eish ·

Die meerderheidsregering tipeer die Kaukasiese Afrikaansprekende as klakouse. Nadat ek na n onderhoud op RSG geluister het, oppad werktoe, insake die uitslae, het ek net weereens besef hoe n totale futiele oefening integrasie in die helhool is.
Die kundiges trek die uitslae uitmekaar. Dosente op universiteite se nie-amptelike kommentaar oor die deursnee student is skokkend. Vrede, 50% van graad 1 skoliere voltooi nie hul skoolloopbaan nie.
Alhoewel ek oortuig is dat die werklik goeie skole grootliks die tekortkominge oorbrug, is die waarheid verbloem agter woordgimnastiek.
Mag Akademia, Soltek, CVO en IEB skole lank voortbestaan sodat uitnemendheid nie deel van die geskiedenis word nie.
Kaukasiese Afrikaansprekende dosente moet maar vashou aan hul stoele. Die aanslag op blanke akademici gaan in alle erns begin. Die meerderheidsregering soek mense wat hul beleid goedgesind is.

Gerhard ·

18 jaar gelede het daar n’ miljoen graad 1 leerders ingeskryf, 500 000 van hulle het matriek geskryf…

Johanna Botha ·

En almal om haar is slimmer as sy wat die kitaar probeer slaan hehe

Johan. H. ·

Eish, jy is die naaste aan die waarheid ooiet.. Afrikaners moet weg beweeg van die hand om die blaas sindroom, Hou op in vadersnaam om alles te verander sodat dit hulle, tevrede stel.

Johannes van Staden ·

Genade Gerhard dit is n groot skok …mens wonder net wat het van die ander 500 000 gebeur het ….geen wonder ons het so n groot werkloosheids probleem !

Reinhardt ·

Net n wenk, sit hierdie in n tabel. Dit lees ongelooflik moeilik. Met n tabel sal alles sin maak en kan mens maklik alles met mekaar vergelyk.

Snelvuur ·

Wel, indien jou predikaatpunt op universiteit bo 60% is, kort jy ook net 40% om te slaag…

E ·

Aan Matriek leerder.
Moet jou nie steur aan die kinderagtigge kommentaar van sommige volwassenes nie.
Ek stem volkome saam met jou. Die standaarde op skool is baie hoër as wat dit bv. 10 jaar terug was. Kinders leer al tafels in gr. 2 (meisiekind tot 7 maal geleer in gr. 2) en die wiskunde wat my seun in graad 5 doen het ek in std 6 (nou gr.8) op skool eers begin.
Wees jy maar een van die min positiewwe volwassenes en sterkte met jou toekoms.

LODEWYK ·

Dit is nikswerd om te se wat die slaagpersentasie is nie, maar wel hoe elke leerder dit net-net geslaag het. Ek sien baie cv’s van applikante in my werk en dit is meesal skandelik ellendig vrot.

LR ·

Volgens n vergelykende tabel van 2016 en 2017 van die provinsiale uitslae het 7 provinsies swakker uitslae as in 2016 en net 2 provinsies betet uitslae. Maar nasionaal word daar beweer dat die 2017 uitslae beter is as in 2016, ek betwyfel dit sterk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.