Só lyk misdaadstatistieke per provinsie

Argieffoto

Argieffoto

Moord het in sewe van die land se nege provinsies toegeneem met Gauteng en die Wes-Kaap wat die ergste deurloop. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het Dinsdag die jaarlikse misdaadstatistieke bekendgestel.

Gauteng:

In Gauteng het die aantal moorde met 10,4% toegeneem van 3 325 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 3 671 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede het ook toegeneem. Kapings het met 13,4% toegeneem van 6 056 in die vorige boekjaar tot 6 867 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 47% toegeneem terwyl huis- en sakerooftogte ook skerp toegeneem het.

Vrystaat:

In die Vrystaat het die aantal moorde met 0,1% toegeneem van 942 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 943 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en huisroof het volgens die polisie afgeneem. Kapings het met 5,9% toegeneem van 255 tot 270 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 25,4% toegeneem terwyl transitorooftogte met 125% toegeneem het.

Oos-Kaap:

In die Oos-Kaap het die aantal moorde met 3,5% afgeneem van 3441 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 na 3321 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en huisroof het volgens die polisie ook afgeneem. Vragmotorkapings en transitorooftogte het volgens die polisie egter met onderskeidelik 9,7% en 25% togeneem. Huisrooftogte het van 2 441 in die vorige boekjaar tot 2 474 toegeneem in die afgelope boekjaar.

KwaZulu-Natal:

In KwaZulu-Natal het die aantal moorde met 5,4% toegeneem van 3 616 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 3 810 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en veediefstal het ook toegeneem. Kapings het met 3,2% afgeneem van 2 262 in die vorige boekjaar na 2 190 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 37% toegeneem.

Limpopo:

In Limpopo het die aantal moorde met 6,7% toegeneem van 728 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 777 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van roof met verswarende omstandighede het met 18,6% van 5 163 in die vorige boekjaar tot 6 123 in die afgelope boekjaar toegeneem. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die getal rooftogte het ook toegeneem. Kapings het met 38,6% toegeneem van 249 in die vorige boekjaar tot 345 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 107,7% toegeneem terwyl transitorooftogte met 28,6% toegeneem het. Huisrooftogte het met 16,4% toegeneem.

Mpumalanga:

In Mpumalanga het die aantal moorde met 3,1% toegeneem van 806 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 831 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van roof met verswarende omstandighede het met 7,7% toegeneem terwyl voorvalle van poging tot moord en seksuele misdade afgeneem het. Brandstigtingvoorvalle het met 11,9% toegeneem van 260 in die vorige boekjaar tot 291 in die afgelope boekjaar. Kapings het met 41,8% toegeneem van 359 tot 509 voorvalle. Transitorooftogte het ook skerp toegeneem.

Noordwes:

In Noordwes het die aantal moorde met 3,5% toegeneem van 824 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 853 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord en seksuele misdade het egter afgeneem. Voorvalle van roof met verswarende omstandighede het met 10,5% toegeneem van 5 409 in die vorige boekjaar tot 5 977 in die afgelope boekjaar. Huis- en sakerooftogte sowel as veediefstal het toegeneem. Kapings het met 14,9% toegeneem van 242 in die vorige boekjaar tot 278 in die afgelope boekjaar.

Noord-Kaap:

In die Noord-Kaap het die aantal moorde met 5,5% afgeneem van 437 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 na 413 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede het toegeneem. Huisrooftogte het toegeneem met 11,8%. Kapings het egter skerp afgeneem met 46,4% van 28 kapings in die vorige boekjaar na 15 in die afgelope boekjaar.

Wes-Kaap:

In die Wes-Kaap het die aantal moorde met 9,7% toegeneem van 2 904 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 3 186 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede het ook toegeneem. Gevalle van brandstigting het met 20,5% toegeneem van 649 in die vorige boekjaar tot 782 in die afgelope boekjaar. Kapings het met 60% toegeneem van 956 in die vorige boekjaar tot 1 530 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings en sakerooftogte het ook toegeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lee ·

Misdaad wat toeneem is die Polisie se skuld want hulle draai hulle rug daarop. Hulle doen nie hulle werk soos hulle moet nie en mens kan sien dat dit leierskap kortkom. Bheki Cele was 10x beter as Riah Phiyega. Misdaad het afgekom in sy tydperk. Kan ons useless regering dit nie sien nie? Hierdie is in elk geval nie regte statistieke nie want die Metro Polisie se syfers word nooit in ag geneem nie en helfde van die tyd doen Metro Polisie van die sake want die Polisie daag net gladnie op nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

So daar word 17805 moorde gemideld per jaar in SA gepleeg dit gee vir jou 2 moorde plus elke 1 uur .Dit is sonder huisroof motor kaping aanrandind .Mense dis erg dis a ramp dis erger as oorlog

Kaspaas ·

Meer mense word in SA vermoor as wat in Irak en Sirie sterf en hulle is in n amptelikke oorlog situasie. Net jammer die ANC sien dit nie raak, hulle is te besig om hul sakke te vul met omkoop geld

Johan 2 ·

Hul sien dit raak, hul gee net nie om nie. Ons is mos nou vry, wat meer wil jy nou hê, luister jul dan nie RSG om te hoor hoe goed dit gaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.