Só lyk moordenaar wat uit hof stap

Phelo Mtala. Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie het ʼn foto uitgereik van die moordenaar wat vroeër die maand doodluiters uit die Wynberg-landdroshof gestap het toe hy homself as iemand anders voorgedoen het.

Maroela Media het vroeër berig Phelo Mtala het op 17 Mei op iemand anders se naam gereageer toe dié naam in die hof se aanhoudingselle uitgelees is. Dié persoon was veronderstel om op dié dag vrygelaat te word. Mtala is deur polisiebeamptes as die betrokke persoon aangesien en is toegelaat om uit die hof te stap.

Die polisie het intussen ʼn foto van Mtala uitgereik en volgens sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, is daar ʼn beloning wat wag op enigiemand wat inligting het wat tot Mtala se inhegtenisneming kan lei.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, is Mtala reeds skuldig bevind op drie aanklagte van moord met voorbedagte rade asook die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Hy moet nog in die hooggeregshof in Kaapstad vir dié misdade gevonnis word en het op ʼn onverwante saak in die Wynberg-landdroshof verskyn ten tyde van sy ontsnapping.

Enigiemand met inligting oor waar Mtala hom moontlik bevind word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 of die Nyanga-polisie by 021 380 3304/6000 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Inside – vrylating ! Phelo ken mense op al die regte plekke

Mark ·

As jy gedreig word met die dood en Phelo se manne wag jou buite die hof sal jy maar jou mondjie hou en jou identifikasie afgee. Phelo kom met tronk bewaarders tot by die hof en SAPD vat hom verder. Of dink jy regtig die polisie sou hom kon beskerm.

Gert van Wierdapark ·

Daar is ook nie met groot Haas n foto van hom beskikbaar gestel nie! Teen die tyd loop hy dalk rond met n welige baard in die omgewing van die Parlement as hy nog slimmer is as met die dood-luitere uitstap! n Beloning sonder n bedrag beteken ook boggerol. Is dit R100, R1 000, of R10 000. GELD praat – vang die swerkater!

Madelein ·

Ek al gewonder in die mooi SA van ons, moontlik laat hulle al die moordenaars vry deur die nag gaan moor wit mense en jy gaan terug hier is alles moontlik dit is hoekom alle moord sake ondersoek word.

GM ·

Plaas daar ook ‘n foto van die man geplaas word wat vrygelaat moes word, sodat die publiek kan sien of hul baie na mekaar lyk of nie. My weddenskap is op – hul lyk nie naastenby dieselfde nie.

honourable member ·

Geld praat in hierdie land. So dis maar soos altyd n inside job. Vat nie rocket science om dit te weet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.