Só lyk nuwe brandstofprys

Argieffoto: Pixabay

Verbruikers sal dié week ʼn effense sug van verligting kan slaak wanneer die kleinhandelprys van hoë asook lae oktaan petrol Woensdag met 13c per liter daal. Die groothandelprys van diesel sal op sy beurt met 16c per liter daal, het die departement van energie in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring daal die prys van paraffien per liter met 31c. Die gemiddelde internasionale produkpryse vir petrol, diesel en paraffien het gedurende die oorsigtydperk, wat in Suid-Afrika maand-op-maand gemeet word, gedaal.

Hierdie daling het egter na ʼn verswakte rand-dollar-verhouding gelei, het die departement gesê. Die rand verhandel tans teen R14,72 teenoor die VSA se geldeenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elvira ·

Dankie S A Regering vir al die aanhoudende slegte nuus. Julle mergel hierdie land se mense tot op die been. Sal seker eendag regkom as alles eers ineengestort het. Dan sal mense seker wakker skrik.????

MMC ·

Volgende maand weer op met meer as die verlaging van die maand.

Duifie ·

Volgende maand op!!!??? want die skole sluit en die meeste maatskappye ook, vir die Christusfees.

Marius ·

Januarie voor almal terugkom van vakansie gaan alles weer op.Ha Ha goeie een

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.