Só lyk ooreenkoms tussen SAL, vakbonde

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wat Vrydag ʼn ooreenkoms met stakende vakbonde oor ʼn loonverhoging aangegaan het, sê hy is trots daarop dat werkers bereid was om onder moeilike omstandighede sekere opofferings te maak.

“Ons land het ʼn gesamentlike poging nodig om produktiewe arbeidsverhoudinge te skep en te handhaaf wat die sleutel tot ekonomiese groei en uitbreiding is, en wat werk kan skep en die land se internasionale mededingendheid kan bevorder,” het Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL, in ʼn verklaring gesê.

“Dié ooreenkoms met die vakbonde gaan ʼn atmosfeer van positiwiteit, inklusiwiteit en volhoubare groei help bevorder.”

Werkers van die SAL en sy tegniese afdeling, SAAT, staak sedert verlede Vrydag – optrede wat die staatslugdiens nagenoeg R50 miljoen per dag gekos het.

Van die kernpunte in die ooreenkoms sluit in:

  • ʼn Styging van 5,9%, terugwerkend na 1 April vanjaar. Die verhoging tree in Februarie volgende jaar in werking en is onderhewig aan die beskikbaarheid van finansiering.
  • Die terugbetaling vir die eerste ses maande (April tot September 2019) word in Maart volgende jaar betaal.
  • Die oorblywende vier maande se terugbetaling word in April betaal.
  • Bogenoemde betalings is onderhewig aan die verkryging van geld vir dié doeleindes.
  • ʼn Taakspan sal gestig word om kostebesparingsinisiatiewe te identifiseer en te oorweeg. Dit sluit in inkontraktering en kontrakte.
  • Die staking word onmiddellik afgelas.

Die National Transport Movement (NTM) het nié aan die staking deelgeneem nie en het ook ʼn loonverhoging van 5,9% aanvaar.

“Die ooreenkoms, veral die feit dat ons ʼn salarisverhoging van 5,9% aangebied het te midde van groot finansiële probleme, is ʼn erkenning van die belangrike bydrae wat werkers lewer tot die sukses van die maatskappy, tot ekonomiese ontwikkeling en toerisme,” het Ramasia gesê.

Sy het gesê die sakeomgewing was die afgelope jaar ʼn groot uitdaging vir die meeste ondernemings, ook die SAL. “Wêreldwye ekonomiese groei bly grootliks laag. Die uitwerking word in die meeste markte gevoel waar groei vloeibaar is. As Suid-Afrika se voorste lugredery sien ons uit na die inwerkingstelling van dié opbouende ooreenkoms wat die SAL help om sy mededingendheid te verbeter, terwyl werksgeleenthede behou en beskerm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Halveer

Ek het noual gesien, moenie kommissies inkry nie, dit vat nog geld weg, halveer net top bestuur se salrisse, dan sal al die probleme opgelos wees.

André-Chris

Mooi toespraak, my hart is nou sommer rooier as rooi (Hi-Def) en dat mens vooruit die geld kan belowe wat nie daar is nie. So ‘n geloof in die toekoms is dalk net wat ons nodig het. As dit met die SAL kan gebeur, kan dit met die ANC se bestuur van die land se ekonomie gebeur, ons moet net vasbyt to een of ander tyd komende jaar….

stem

en april 2020 staak hulle weer vir nog geld want dis mos nou ‘n nuwe jaar

André-Chris

Dink ek nou aan die woorde van hierdie liedjie toe ek die vliegtuig hier voor op die prentjie sien:

He was old as he walked slowly through the park
To the bench where he would sleep on after dark
He saw a bird high in a tree
He said listen carefully
So your life would not end in misery
Don’t fly to high my little bird
‘cause if you try you may get hurt
You will burn your wings
When you reach for the sun
Don’t fly to high my little bird
Your lonley cry it won’t be heard
You’ll be tumbling down to the ground
‘cause proud will have a fall…

Hendrik

Solank die geld nie van die belastingbetalers gevat word nie