Só lyk petrolprys vir September

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die departement van energie het Maandag ʼn verhoging in die petrolprys aangekondig.

Volgens ʼn verklaring styg 95-oktaan-petrol en 93-oktaan-petrol met 11c per liter. Diesel verhoog met 26c per liter en paraffien met 24c per liter.

Die rede vir die verhoging in die brandstofprys word toegeskryf aan ʼn verswakking van die rand teen die Amerikaanse dollar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sieg ·

Dit is te danke aan die useless ANC regering van die dag wat die land in die grond in regeer.

jAN ·

die regering weet nie wat hulle wil he as die olie prys afkom , komdie petrol prys af, nou kry die swak rand weer die skuld. wie se skuld is dit dat die rand swak is …. net die regering sn..op elke moontlike manier sal hulle ons melk

Lizzy ·

Waarom gaan d petroloprys ELKE maand op? Waar gaan dit eindig?

Johann ·

Seker een van DIE grootste ANC LEGACIES van totale onbevoegdheid. Die onvermoë om vooruit te beplan. Nevermind die absurde onbesef van die feit dat hulle DIREK verandwoordelik is vir die chaos in wisselkoerse????? SOTLIKE ONBEKWAAMHEID!

Willehond ·

Maak die prys n honderd rand n liter! Dan gaan jy sports sien in hierdie ” land” van ons! Die mark vir verwarmers gaan in duie stort want al wat n ding hier wat kan brand gaan brand! Dink net, dan hoef eksdom nie meer te bekommer oor krag nie! Utopia!!!

Johanna Botha ·

Wat moet af gaan op en dit wat moet op gaan af …die anc se ekonomiese gevolge vir sa

Chris Ws ·

Ek sal baie graag wil weet HOE kry hulle die petrol prys vir BEIDE grade moet met 11 sent per liter styg?Ek monitor die brandstof prys elke dag en tot en met Donderdag 29 Augustus was die 93 oktaan petrol met 1,7 sent per liter ONDER verhaal en NIE 11c nie! 95 oktaan was met 6,6 sent per liter OOR verhaal so dit moes GEDAAL het in prys met tenminste 6 sent per liter.Nou wonder ek hoekom die AA doodstil is oor dit.Dis duidelik hier is ‘n grootskaalse bedrogspul aan die gang.Die diesel prys was wel met 26 sent per liter ONDER verhaal en styg daarmee met 26c/liter wat reg is ,Maar die brandstof prys styging is ‘n liegspul.Kom Automobiel Assosiasie , waar is julle nou en wat se julle hierop??Toemaar ek weet julle sal nie reageer nie – te diep in die regering se sak om iets van julle te laat hoor! Motoriste sal maar net betaal!

Pottie ·

Dit wat oor verhaal is gaan na die anc se sakke toe die anc en die AA loop saam sasol maak brandstof uit steen kool as ek reg verstaan waar kom die rand dollar dan in

Chris Ws ·

Pottie ‘n oorverhaling beteken daar kom ‘n verlaging in die brandstof prys.Nie andersom nie.Maar ja SASOL boikot ek al meer as 30 jaar.Ek ry ‘n draai eerder as om SASOL in my voertuig te gooi.Hoekom?Want dit kos SASOL omtrent ‘n 1/4 so veel om brandstof uit steenkool te maak as wat dit kos om dit uit ruolie te maak.EN by die prys van SASOL brandstof is die pypleidings heffing ingesluit en hulle maak nie gebruik van die pypleiding van Durban af nie!Maar almal wat SASOL ingooi betaal daarvoor!Lekker ne’?Ek wens die mense wat SASOl in hul voertuie gooi se ogies wil oopgaan vir ‘n slag.SASOL maak ‘n ENORME wins op hul brandstof.Maar daai geld gaan net in die bodemlose regering put in.

SjN ·

Die ANC regering manipuleer hul tekorte weens onbevoegdheid deur brandstof styging te verhoog, dood het oorsaak.

Eksteen ·

Ek wonder hoekom ons Rand so verswak? Wat kan tog die oorsaak wees? Kan tog nie die gemene delers van die land wees nie. Vandat die gemene deler die land bestuur gaan alles mos perfek volgens planne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.