Só lyk petrolpryse vir Julie

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Sondag bevestig die prys van petrol en diesel sal Woensdag verhoog.

“Die prys van petrol (93 oktaan) styg met 11c per liter en 95 oktaan styg met 8c per liter,” het Lerato Ntsoko, woordvoerder van die departement van energie, in ʼn verklaring gesê.

Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% styg met 42c per liter en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% styg met 41c per liter.

Die prys van paraffien styg met 43c per liter en LP Gas met 12c per kg.

Die departement het bevestig die verstewiging van die rand teen die dollar het ʼn verligting van minstens 17c per liter verseker, maar skryf die styging toe aan die toename van die prys van petroleumprodukte in die internasionale markte en die toename in die prys van ru-olie weens verskaffingsontwrigtings in Kanada, Venezuela, Libië, Nigerië en Irak.

“Die departement doen ʼn beroep op motoriste en die algemene produk om die petroleumprodukte spaarsamig te gebruik tydens hierdie moeilike ekonomiese tye,” het Ntsoko bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann Marx ·

Eendag was daar ‘n slim regering. Hulle het verstaan dat mens ‘n sterk ekonomie bou as die bouer ‘n vaste insetkoste het wat gekontroleerd verhoog wanneer dit moet. Daardie regering het die mense se belasting gebruik om ‘n egalisasie fonds te skep wat die wisselvallige brandstofprys vasgepen het. Hulle het ook ‘n reuse aanleg gebou om petrol te maak uit steenkool, om die land se invoer behoefte te kalmeer. In daardie land het elke boer geweet wat sy inset koste was om sy gewasse te produseer. Elke vervaardiger het geweet wat sy materiaal se vervoerkoste was voordat hy sy produk begin produseer het. Elke werker het geweet wat die taxi gaan kos om by die werk te kom. Elke kleinhandelaar het geweet wat die afleweringskoste van sy rak produkte is…Daardie land was nie net voorspoedig nie, maar het ook voedselsekuriteit gehad…..tot en met 1992.

jaco ·

Ek kan verstaan dat stygende pryse van kos, petrol ens een, asook swak dienslewering, Eskom se beurtkrag ens ens ALLES maniere v.d. ANC-regering is om ryk wit mense terug te kry vir apartheid, maar dink hulle ooit daaraan dat hulle mede-swartes meestal erger as die wit mense ly?

Boertjie ·

Nee rêrig. En hoe gaan die boere diesel koop? Dit raak rêrig bietjie rof…

KP ·

Ja Johann Marx en daar verkoop die
regering die land se 10 miljoen plus vate olie resewes wat buite Langebaan gestoor is ver onder mark prys as ek reg onthou $28 per vat. Dit was gestoor deur die vorige regering om sulke prys verhogings te absorbeer.

jo-anli ·

Johann so waar wat jy sê. Blankes wat iets besit werk deksels hard vir dit. En op die ou end om ń skop onder jou gt te kry.

Andrea van Vuren ·

Ons kosbare brandstof word vir “next to nothing” aan Zuma se aardvriend uitgevoer. ‘n Ander plan is om maar weer fiets te ry maar dan steel hulle dit onder jou uit. Moontlik ‘n ossewa Nee,, die volgende dag is hulle geslag en opgevreet! Waarheen nou?

Se maar net ·

Ek dink Suid Afrika is die enigste land ter wêreld waar brandstofpryse bykans masndeliks verhoog word

Tiger ·

Se maar net ,in Australia wissel die brandstof prys van dag tot dag en van vulstasie na vulstasie in een dorp of stad. Dis nogal interessant as mens daar ry en jy het jou radio aan op die dorp se frekwensie dan kondig hulle by daai dorp kort kort aan watter vulstasie se brandstof is vandag die goedkoopste! Hul brandstof pryse is baie na aan ons sin as jy dit om sit na Rande maar hulle verdienste is myle meer vir deselfde werk as hier.Kos is daar heelwat duurder as hier.

Sharpei ·

Hulle melk ons vir elke sent wat ons nog mag he……..SWAK MAN

antjie ·

Lol….daar sal nie n erfgeldjie vir ons kindertjies w ees nie…….numba one en all vat dan alles…….

Theo ·

Nou net terug gekeer van Mozambique. Diesel kos minder as R10 per lieter daar selfs by klein afgelee plekke.
Ons is n spul toffies war gesuig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.