Só lyk petrolprysverwagting

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Maandag in ʼn verklaring gesê hoër internasionale brandstofpryse en ʼn swakker rand/dollar-wisselkoers verhoog die moontlikheid dat motoriste teen die einde van Julie duurder sal betaal vir brandstof.

Volgens die AA is dit gebaseer op prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) vrygestel is.

“Daar was ʼn geringe daling in die internasionale prys vir petrol, maar diesel en paraffien is duurder. Intussen het die rand se daling teenoor die Amerikaanse dollar ongeveer 17c per liter by die brandstofpryse gevoeg.

“Ons middel-van-die-maand-vooruitskatting is dus dat petrol na verwagting met 7c per liter sal verhoog, gebaseer op die huidige data, diesel met tot 22c en paraffien met 19c.”

Die AA het gesê internasionale petroleumprodukte was in Julie duurder en die wisselkoers swakker. Volgens die AA kan motoriste dalk selfs duurder betaal vir brandstof indien dié neiging voortduur.

“Motoriste moet bereid wees om teen die einde van die maand duurder te betaal vir brandstof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jenny Nel ·

Dit kon ons julle ook gese het….eers af dan weer op….

Swartkat ·

Swakker rand / doller wisselkoers en belangrik rommelstatus

Eksteen du Toit ·

Daai deuntjie van hulle is al moeg gesing. Sal graag self die syfers en statistiekke wil sien. Ons word n rat voor die oë gedraai.

Netso ·

Rommel Regering se verlof is verby nou gaan die prys op tot volgende skool vakansie!!!

Bettie ·

Daar is iets wat ek nie lekker verstaan nie- Botswana kry sy brandstof van SA maar is by die R3 goedkoper as hier in SA?

Kiepie ·

Dit is as gevolg van al die heffings en belastings wat in SA op brandstof geplaas word. Die brandstofprys word soos volg saamgestel:
Basiese Brandstofprys: 59%
Belastings en heffings: 25%
Groothandelwins: 5%
Kleinhandelwins: 7%
Binnelandse vervoerkoste: 4%

Sonder die balastings, padongelukfonds, instandhoudings-, balanserings- en ander heffings sou die prys van 95 oktaan tans R9.28 gewees het in plaas van R12.37 by die kus.

Theunis ·

Ja nee wat op af op af en eintlik as jy mooi gaan kyk kom dit nie rerig af nie bly op gaan.

Piet Le Roux ·

Dit blyk of die aankondiging te vroeg sonder die nodige inligting gemaak was : op die stadium is die olie prys nog steeds onder 50$ per vaatjie en die R/$ is onder R13, dus geen rede vir enige verhoging?

Sê weer ·

Ons was dit te wagte want die skole moet mos eersdaags weer begin. Altyd dieselfde storie. Petrol prys af voor skoolvakansies en styg rondom einde daarvan.

Rina Kotze ·

Die Rand was baie mooi aan die herstel, toe besluit een persoon om weer iets te sê sonder om te dink aan die gevolge daarna.

Dalk moet ons ‘n slag polities korrek wees stop en “ekonomies versigtig” begin raak?

SARIE VAN HEERDEN ·

Wanneer die brandstofprys styg styg pryse in winkels. Daal die prandstofprys bly die winkelpryse dieselfde maar verminder nie, en wag net om weer te styg wanneer die vervoerkoste kastig verhoog.Slim.

Josua Keys ·

Dit is hoe die huidige regering hul salaris bepaal asook hoeveel geld nog gesteel gaan word. Is daar enige bewys dat die heffings wat op petrol en diesel gehef word ooit uitbetaal word aan die regte instansies, wie doen die navorsing of is dit net n rede om petrol pryse valslik vas te stel. As daar minder taxies en bus ongelukke op ons paaie is sal die pad ongeluke fonds nie bankrotskap in die oë staar nie en ons nie nodig het om SAL uit die gemors van wanbestuur waarin hulle tans is te help nie kan ons wegkom met +- R4 p/l. Maroela vertel asb vir die mense hoeveel liter olie is daar in ‘n vaaitjie olie dan sal mense besef hoe word ons geld gesteel om nie eens te noem hoeveel van daardie olie werklik gebruik word om ‘n liter olie te vervaardig nie insluitend die koste wat daarmee gepaart gaan.

Piet Pille ·

Spyker so reg op die kop Josua. Ons as verbruiker weet nie hoe hulle die prys bepaal nie.

Penellope Jones ·

As die petrolprys sogenaamd verlaag word, is dit eenvoudig die stilte voor die volgende prysverhogingstorm.

Ashlee ·

Lees wat Kiepie se. Suid-Afrika verbruiker betaal tans ongeveer 90 sent belasting op n liter brandstof, in vergelyking met meer as die helte minder in Botswana. In Amerika is brandstof belasting 15 sent n gallon. Werk nou hierdie storie uit.

Jan ·

Brandstof belasting in ons land is n goeie ding,want so betaal almal belasting. Elke persoon maak op een of ander manier van vervoer gebruik. Kan brandstof belasting hoër maak en persoonlike belasting sak.

Andre' Vorster ·

Kan iemand dalk verklaar hoe dit is dat Namibie hul brandstof vanaf RSA kry maar die prys van
bv diesel is in Windhoek R1.70 /L goedkoper as in die Wes-Kaap? Of steel die regering hier maar net baie meer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.