So lyk planne vir hoër onderwys in afsonderingsperiode

Dr. Blade Nzimande (Foto:. Jairus Mmutle/GCIS)

Die departement van hoër onderwys het Woensdag sy planne vir onderrig tydens die afsonderingsperiode by die parlement ingedien.

Wat universiteite betref sal alle instellings teen 1 Junie afstandsonderrig doen, en het finalejaarstudente wie se studies kliniese navorsing insluit, van 11 Mei af begin terugkeer na kampusse, beginnende met finalejaar- mediese studente.

Die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, het die versekering gegee dat tersaaklike studente na kampusse sal kan reis namate onderrig weer ‘n aanvang neem. Studente sal in stadiums na kampusse kan terugkeer onder vlak 2 en 3 van die rampmaatreëls, en almal kan weer onderrig ontvang op vlak 1.

Spesiale maatreëls word in plek gestel om studente finansieel tegemoet te kom en van hulpbronne soos skootrekenaars te voorsien.

Wat verdere onderwys- en opleidingskolleges (TVET-kolleges, vroeër bekend as tegniese kolleges) betref, sal daar geen heropening in Mei wees nie. Klasse sal op 1 Junie of 1 Julie hervat, en die volle studiejaar sal nie aangebied word nie.

Tien mense per kampus sal personeel en studente toets vir die koronavirus terwyl spesiale maatreëls betreffende sosiale distansiëring en sanitering sal geld.

Elke kollege is van ‘n aftiklys voorsien waaraan voldoen moet word. ‘n Sperdatum van 23 Mei is gestel om die kolleges te reinig, met opleiding vir die toetsing van studente en personeel vir die koronavirus wat teen 27 Mei afgeloop moet wees.

Voorkeur word gegee aan vaardigheids- en ambagsopleiding wat nie deur afstandsonderrig gedoen kan word nie.

Gemeenskapsopleidingsentrums (vroeër bekend as volwasse onderrig- en opleidingskolleges of ABET-kolleges) sal nie onder vlak 4 heropen nie.

Teen 23 Mei sal alle instellings ontsmet wees, teen 25 Mei sal personeel opgelei wees om in die koronavirus-omstandighede te kan funksioneer, en teen 27 Mei sal alles reg wees vir heropening indien die rampstatus na vlak 3 sou verlaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Nou gaan die studente org soos die anc en eff oor iets anders toi toi.

Anel ·

Nou hie jan hulle nie die volle jaar voltooi nie? Wanneer wil hulle dit dan doen, of gaan dit net nooit gebeur nie? Sejer maar omdat die praar breinselle ook niu deur die virus vernietig is. Wat van unstellings wat wel hulle jaar volledig sal kan voltooi? Gaan hulle nou ook nie mag nie?

Maurese ·

Vir my lyk die planne meer gestruktureerd as die min. van Basiese Onderwys se planne. Hier gaan die personeel darem opleiding kry vir die toetsing, maar min. Motshekga het niks daaroor gese nie. Die Wes-Kaap se SBS’e keer terug skool toe op Maandag, maar baie min PPEs is afgelewer by skole en skole is nog nie skoon gemaak nie. Ek hoop maar net min. BLADE se datums realiseer en word ook nie so baie uitgestel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.