Só lyk planne vir Nasionale Gesondheidsversekering

Minister Aaron Motsoaledi. Foto: GCIS/Flickr

Die minister van gesondheid het Donderdag meer besonderhede bekend gemaak oor die regering se planne vir ʼn Nasionale Gesondheidversekering (NGV).

Die kabinet het onlangs die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering vir publikasie in die Staatskoerant goedgekeur en kort daarvoor die wetsontwerp wat wysigings aan die Wet op Mediese Skemas voorstel. Albei gaan in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer word.

Dr. Aaron Motsoaledi het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie meer inligting oor die wetsontwerpe bekend gemaak. Volgens hom is die NGV ʼn gesondheidsfinansieringstelsel wat fondse bymekaarmaak om toegang te verleen tot gehalte gesondheidsdienste vir alle Suid-Afrikaners ongeag hul sosio-ekonomiese status. “Dit sal ʼn reuse-herorganisasie van die huidige gesondheidstelsel, sover dit die openbare asook die private betref stelsel, benodig.”

Die minister het bevestig dat alle werkende Suid-Afrikaners verplig sal wees om tot die NGV by te dra. Hy kon egter nie meer besonderhede bekend maak nie en het gesê die tesourie sal dit moet bepaal. Motsoaledi het gesê alle Suid-Afrikaners moet uiteindelik toegang tot openbare sowel as private gesondheidsorg hê.

Volgens Motsoaledi stel die Wêreldgesondheidsorganisasie voor dat lande 5% van hul BBP op gesondheid bestee terwyl Suid-Afrika tans 8,7% van sy BBP op gesondheid bestee. “Die private sektor bestee 4,5% van die BBP op gesondheid maar voorsien slegs sorg vir 16% van die bevolking. Die openbare sektor bestee 4,2% van die BBP op gesondheid en voorsien sorg vir 84% van die bevolking.”

Motsoaledi het gesê die regering is deeglik bewus van die swak gehalte van openbare gesondheidsorg. “Ons is ook bewus van die gebrek aan doeltreffendheid in die openbare gesondheidsorgstelsel.” Hy het gesê twee probleme moet uitgestryk word voordat die NGV in werking gestel kan word: “Die duur koste van private gesondheidsorg en die swak gehalte van openbare gesondheidsorg.” Motsoaledi het gesê daar is juis besluit om ʼn gesondheidsombudsman aan te stel weens probleme by staatshospitale en klagtes van pasiënte.

Volgens Motsoaledi is nog ʼn rede wat aangevoer word waarom die NGV nie suksesvol sal wees nie die oortuiging dat vroeëre NGV-toetslopies misluk het. Hy het gesê daar is belangrike lesse uit dié toetslopies geleer.

Motsoaledi het gesê die eerste fase van die NGV was van 2012 tot 2017. Fase 2 sal plaasvind oor ʼn tydperk van vyf jaar vanaf 2017 tot 2022 en sal voortgaan met die implementering van inisiatiewe om gesondheidsorg te versterk en die instel van wetgewing en wysigings aan ander wetgewing.

Fase 3 sal plaasvind oor ʼn tydperk van vier jaar vanaf 2022 tot 2026 en sal insluit die voortsetting van gesondheidsorgstelsels wat op ʼn deurlopende basis versterk word; die mobilisering van addisionele bronne soos goedgekeur deur die kabinet en die selektiewe kontraktering van gesondheidsorgdienste van private verskaffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Poemsie-aanhanger ·

Poemsie, jy neem die woorde so uit my mond. Die enkeles van ons wat ons gatte afwerk, gaan nou ook die BMW-besturendes, Gucci-draendes, skool-afbrandendes, grant-trekkendes, supervoortplantendes, geen-erbelastingbetalendes en ‘alles-kom-my-toe-endes’ se gesondheidsorg finansier deur belasting. Ek betaal alreeds vir hulle kinders wat met amazing duur fone en brand-klere op kampus rondloop met baie laer TPT-tellings as hulle minderheidsfaksie-eweknieë, se gratis tersiêre onderrig. Met my wonderlike groot onderwyssalaris. Gmpf.

Ben ·

Kyk na die berig oor hoe die Gautengs se Health stelsel geplunder is. Hier gaan nou nog ‘n groter stelsel wees om te plunder. Selfde as Eskom, SABC, SAL ens. Die Helen Suzman foundation se navorsing het aangedui dat onbeskostigbaar is. Dit is ‘n slegte Idee. Ek sal dit nie ondersteun nie.

Helen ·

Jammer maar soos met alles in die land gaan jy geen keuse hê as om daarvoor te betaal nie. ‘N Goeie begin sal wees om ons landsburgers die waarde van gesinsbeplanning te leer m.a.w. moenie elke jaar ‘n kind in die wêreld in te bring waarvoor jy nie kan voorsien nie. Diehele Afrika is oorbevolk en dit plaas druk op die regering en belastingbetalers wat alreeds vuisvoos is. Ondersoek die buitensporige kostes in privaat hospitale/klinieke wat die publiek uitbuit op elke vlak wat die direkte oorsaak is van belaglike mediesefonds bydraes en gaan jy vir ‘n operasie moet jy bo als nog duisende rande in betaal aan die spesialiste, narkotiseer en glo dit as jy wil die hospitaal wat die medies nie betaal nie omdat hul tariewe die mediese tariewe by verre oorskry. Alles en almal in die land het mal geraak en daar is geen ander keuse as om die wet van Transvaal te volg nie, dit gaan net om hoeveel geld een persoon kan maak en hoe gou.

Martin Weideman ·

Behalwe dat ons dit nie kan bekostig, het ons te min dokters en spesialiste. Vêr te min. Die openbare hospitale kan nie eens funksioneer nie. As daar iets is wat die ANC regering instand kan hou ?

willie ·

Dit het ñ kultuur geword om resewes te plunder tot die koffers leeg is! Escom, SAL, die Metro, ens. is baie goeie voorbeelde en wanneer dit klaar gebeur het is dit onomkeerbaar! Red nou ñ volk met sulke dwase leiers!

zoom zoom ·

Pleks kry hy sy eie staats hospitale in orde voordat hy besluite maak namens ons. Hy en sy anc kaders gebruik nie die staatshospitale hulle gaan sien dokters in india of china of rusland.

Keelvol ·

Stem heelhartig saam. Kry eers die gehalte van openbare sorg op standaard, voordat die private sektor daarvoor moet inboet. Almal het die reg tot optimale gesondheidsorg. Kry jou huis in orde Min. Motsoaledi, voordat jy die belastingbetaler nog meer belas!

Dafer ·

Die hele stelsel soos wat dit voorgestel is, en reeds bestaan, werk so:
Dit is jou geld, en hulle kan maak met dit net soos hulle wil!

Cherokee ·

Alle werkende Suid Afrikaners sal moet bydra. Sal dus lede wees van 2 mediese fondse, eie en nuwe (indien jy reeds lis ìs van ‘n mediese fonds) maar net gebruik maak van 1.

Mrs H ·

Ek hoop van harte dat ook alle werkende buitelanders in SA SAL bydrae maak en betaal.

Piet Pompies ·

Of Suid Afrikaners daarvan hou of nie, staats mediese dienste gaan verpligtend word, daar gaan nie ‘n keuse wees. Indien jy ‘n inkomste verdien gaan jy bydrae lewer, soos belasting verpligtend is. Heelwat privaat mediese fondse buit lede uit en die gross van die inkomste eindig op in ‘n direkteur se bankrekening. Ons betaal tans R6200 pm aan ‘n mediese fonds, twee volwassenes en daar is nog steeds baie reels wat bybetalings veroorsaak. Ons het nou nog ‘n cover up uitgeneem om bybetalings te verminder. Intussen groei privaat hospitale daagliks, wie befonds dit, mediese fonds lede, wie trek die voordeel uit die nuwe geboue, die eienaar van die fonds….

Judge Dredd ·

Geluk – nou gaan jy baie meer betaal sonder enige verbetering in dienste.

Droë Perske ·

Ek deel alvdie sentimente en bekommernisse. Maar, een ding staan soos ‘n paal bo water: private gesondheidsorg en mediese fondse sois dit tans daaruitsien is onvolhoubaar. ‘n Groot deel die sogenaamde rykes kan dit ook nie meer bekostig nie.

siek ·

Ek is i wet ywerende suid afrikaner en ek betaal my belasting, met die huidige stand van sake wat petrol, stygende kos pryse, nuwe VAT aanpassing en komende krag stygende pryse kan ons reeds nie die pot aan die kook hou nie, ons het n berg skuld want as daar nie kos is nie moet mens plan maak, ek en my man is al 10 jaar nie meer op n medies nie omdat dit bloot net te duur geraak het. ons het al alle luxuries al uitgesny, DSTV inkluis en dit hou net nie op nie, dis aardig. as ek moet dink waar ons oor 5 jaar van nou af gaan wees raak ek ysss koud. ons het nie eers polisse of spaar geld nie.

Tuislander ·

VF+ moet asseblief ons gou help om ons eie tuisland te kry want val gaan die land val en dan moet ons iewers veilig kan wees en waar ons ons eie gesondheidsisteem kan bou.

Basjan ·

Tuisland kan ‘n realiteit wees. Dit hoef nie groot te wees of groot stede in te sluit nie, ons kan dit self opbou.

Hannes Naude ·

Ek betaal klaar inkomstebelasting,btw op alles,brandstof is hemelshoog, voertuiglisensies, Dan moet ek nog dit ook nog betaal, se m@er die melkkoei is uitgeteer!

Koeks ·

Verstaan nie mooi nie? Nuwe tuislande….. bou? Wat word dan van dit wat ons reeds gebou het en in woon? Ek nou baie blond!

Basjan ·

Dit wat ons gebou het is vernietig en dit het mense wat nie van ons hou nie in massas getrek, hulle het ons basies verplas. Ons het in die verlede baie goed opgebou en ons kan weer.

David ·

Hoekom noem hulle nie die staats mediese bydrae op sy naam nie?

Mens noem dit BELASTING !

Kosie Kramer ·

Ek ondersteun die minister se plan.
Ek was 26 lid van Telemed, maar is afgelope 10 jaar werkloos – en dus sonder medies. Is baie sieklik en vrees elke dag dat ek inmekaar gaan sak. My familie probeer my by Discovery aansluit, maar, hulle sê dat, as ek aansluit, ek vir 12 maande my volle maandelikse lidmaatskap moet betaal, maar ek mag eers na die 12de maand begin eis!

Of, ek gaan dokter toe, kry `n brief, sluit aan by SASSA, en kry dadelik R1600 per maand. Dan registreer ek by `n staatshospitaal, en betaal maar R26 per besoek of prosedure, of dit nou `n hartoperasie of `n stel nuwe tande is. I like.

Joyce ·

Wat is verkeerd met Orania. Trek soontoe….. hoe meer siele en slimmes daar woon hoe beter v almal wat belangstel.

Basjan ·

Verseker verdien ons meer as net een plek en alhoewel dit nie groot hoef te wees nie sal dit wel groter as orania moet wees. En dit moet onafhanklik wees.

Frank ·

Koeks, dit wat ons gebou het en oorhandig het in 1994 is nou al so vervalle, hoe dink jy gaan dit oor nog so ‘n paar jaar lyk? Gaan besoek maar die klein plattelandse dorpies om ‘n goeie idee te kry waarvan ek praat. Stede nie ver agter. Dit wil se, as jy die ou dorpies onder al die vullis en gemors te siene kan kry.

Joshua ·

ANC, julle is n totale mislukking van n patetiese onbevoegde korrupte regering vir 24 jaar al- julle kan ZERO regeer, ,ZERO!!!

Jurie ·

Het ek die woord planne gelees….mmm dis nuut vir “hulle”

Bitter pil ·

Die gesondes moet die siekes befonds. Die rykes vir die armes… Maar die werkendes en middel klas voel dit en word weer eens belas. Baie siektes is agv swak lewenstyl so nou moet ons vir ander sé slegte keuses ook opdok….

Lerato ·

Om na n hospitaal in SA te gaan is lewens gevaarlik.
In n staats hospitaal kan jy die verskriklikste kieme kry.
In n privaat hospitaal gaan jy n hartaanval kry as jy jou rekening sien.
Belas eerder die privaat hospitale as janpubliek om die agterstand in te haal

Callie ·

Daar gaan hulle alweer. Een na die ander kommentaar en geen plan. Hou nou maar op asb. Raak deel van kommentaar wat n oplossing bied en hou op baklei onder mekaar. Begin net saamstaan. Die ANC en regering gaan alles vat terwyl julle stry oor tuislande en belasting en hoe hulle jou gaan dwing. Kom met planne om bymekaar te kom. Om met getalle en kragvertoon vir die regering te wys tot hiertoe en nie verder. ASB wit Suid Afrikaners, kom ons begin net deur n eenheid te form. Deur ons Kerke alleen kan ons in elke dorp getalle bymekaar kry.

Basjan ·

Mense, kan julle nie sien nie? Die ANC maak hierdie planne om stemme te werf vir die komende verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.