Só lyk polisie se gemiddelde reaksietyd

(Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Bheki Cele, minister van polisie, het vandeesweek in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA onthul dat dit die polisie in die Noord-Kaap gemiddeld meer as ʼn uur neem om op ʼn misdaad wat besig is om te gebeur te reageer.

Okkie Terblanche, DA-LP en die party se woordvoerder oor polisie, sê uit Cele se antwoord blyk dit dat misdadigers al die tyd in die wêreld het om te maak nes hulle wil en op die vlug te slaan sonder enige vrees vir polisieingryping

Die gemiddelde tyd wat dit die polisie neem om te reageer op ʼn misdaadtoneel of misdaad wat besig is om te gebeur lyk só:

(Grafika: Janice du Plessis/Maroela Media)

  • Noord-Kaap: 60 m 10 s
  • Noordwes: 36 m 01 s
  • Oos-Kaap: 30 m 06 s
  • Vrystaat: 29 m 59 s
  • Mpumalanga: 23 m 13 s
  • KwaZulu-Natal: 21 m 44 s
  • Wes-Kaap: 17 m 57 s
  • Limpopo: 16 m 14 s
  • Gauteng: 11 m 56 s

Die antwoord wys ook dat die Oos-Kaap en die Vrystaat elk vier noodoproepsentrums het. Mpumalanga en Limpopo het twee noodoproepsentrums en die ander provinsies (Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap) het slegs een noodoproepsentrum elk.

“Dit is geen wonder dat georganiseerde misdaad, soos dié wat met bendelede verband hou, hoogty in provinsies soos die Wes-Kaap vier nie.”

Die syfers volg op vroeëre inligting wat gewys het dat die 10111-noodoproepsentrums landwyd erg onderbeman is.

“Die polisie kon slegs sowat 40% poste landwyd vul; dit is ʼn syfer wat die polisie as ideaal beskou,” sê Terblanche.

In die 2021/’22-boekjaar het noodoproepsentrums in Gqeberha altesame 110 493 oproepe “bloot beëindig” sonder dat die oproep voltooi is.

“In Maitland het die getal oproepe wat beëindig is op 501 978 gestaan en in Midrand is ’n verbysterende 1 604 370 oproepe op hierdie manier beëindig.”

Terblanche sê Suid-Afrikaners word in die steek gelaat wanneer hulle op hul kwesbaarste is, “en dit kan nie verder geduld word nie”.

“In ʼn tyd waarin meer as 85 mense daagliks vermoor word en 594 mense elke dag gewelddadig aangerand word, is hierdie reaksietye doodeenvoudig onaanvaarbaar.

“Cele het in sy mandaat misluk om Suid-Afrikaners veilig te hou en dit is hoog tyd dat ons hom en die onbevoegde ANC in Mei uit die regering stem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dries ·

En hierdie stats is slegs as SAPD wel hulle telefoon beantwoord, anders geen reaksie.

Goldy ·

Opgediste getalle. In baie dele van die lamd antwoord die polisie nie, of sit foon neer, of daag gladnie op nie.

trotsNAMSA ·

WOW, tye is vinnig. Gewoonlik wag jy 17 minute voor telefoon oproep beantwoord word by ‘n Polisie Stasie , so nie word oproep nooit beantwoord nie . Ek sal liewer die tyd verander na 2 dae.

trotsNAMSA ·

WOW, tye is vinnig. Gewoonlik wag jy 17 minute voor telefoon oproep beantwoord word by ‘n Polisie Stasie , so nie word oproep nooit beantwoord nie .

Johan ·

Geen wonder misdaad het n florerende bedryf geword in SA nie. En dit word net erger. Ek wonder watter % van hierdie onaanvaarbare reaksietye kan toegeskryf word aan logistieke probleme… stukkende/tekort aan voertuie, brandstof ens ens..

Aai ·

Toe ek ‘n polisieman by Soweto Blits was het in die goeie ou dae het daai 2.0L 8 klep GTI jumbo nooit so lank gevat.Polisie gee nie meer om vandag daar is nog wat moeite doen maar min.

Papsak ·

Ag polisie stel glad nie belang hulle kom net nie uit nie of hulle antw glad nie die fone nie altyd verskonings hulle te besig om rond te ry en kos te koop daarom pateties !!!?!

JohanNL ·

@goldy, het jy dan die regte getalle?

Ontevredenheid (tereg) oor die kwaliteit van diens op byna alle gebiede van die regering is begryplik, maar ongetoetse bewerings soos die van jou beteken niks.

Die opskrif stel duidelik dat dit gemiddelde is, dus party word in een minuut geantwoord, ander glad nie. Dit bymekaar getel en gedeel deur die totaal, dit gee mens die gemiddelde.

Groetnis.

Linda ·

Ek kan getuig dat die Sap meer as 4 ure nadat my seun gekaap is eers in Gauteng gereageer het, toe is hy reeds vermoor.

Roek ·

waty n pot gemors voer die mense ons en is daar ongelukkig mense wat dit opeet soos soetkoek !

RissiepitAnna ·

Ons sal altyd “geskok” of “ontsteld” raak vir die stories, tot ons dit tussen ons ore kry , dat ons eenvoudig TE VEEL VERWAG, van mense wat net nie op n ontwikkelde standaard saam kan funksioneer soos die rev vd ontwikkelde wereld nie.

Renier ·

11 min in gauteng is strooi, Hulle is daar tydens die misdaad want hulle is betrokke.

Raakvatter ·

Doen nie eers moeite om SAPS te bel nie. Private sekuriteits maatskappy is daar binne 3 minute.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.