Só lyk SA Beker-bepalings

Die Cheetahs is die huidige Curriebeker-kampioene. (Foto: X)

Die SA Bekerreeks, wat die Mzansi-kampioenskap vervang, skop Donderdag in Kimberley af wanneer die Griekwas teen die Luiperds te staan kom.

Die SWD Arende begin hul veldtog teen die Pumas op Outeniquapark in George.

Altesaam 46 wedstryde word vanaf Maart tot Mei oor ʼn enkelronde beslis, waarna die halfeindstryde en die eindstryd plaasvind.

Al die unies, buiten die Verenigde Rugbykampioenskap-spanne (Bulls, Stormers, Leeus en Haaie), neem aan die SA Beker deel.

Dit dien as ʼn voorsmakie vir die Curriebeker-premierliga asook die eerste liga.

Die top vier spanne op die punteleer sal volgende jaar teen die unies van die Verenigde Rugby-kampioenskap te staan kom, met die oorblywende ses spanne wat in die eerste liga sal meeding.

Rugbyliefhebbers kan onder meer uitsien na die verdedigende kampioene, die Cheetahs, wat Vrydag om 18:00 gasheer vir die Boland Kavaliers in Bloemfontein speel.

Bepaalde wedstryde word op SuperSport uitgesaai. Ander kragmetings sal op DStv se stromingskanale te sien wees.

Bepalings vir die eerste ronde

Suzuki Griquas t. Luiperds

Datum: Donderdag, 21 Maart

Wedstrydplek: Suzuki Stadion, Kimberley

Skeidsregter: Paul Mente

Afskop: 15:00

Phangela SWD Arende t. Airlink Pumas

Datum: Vrydag, 22 Maart

Wedstrydplek: Outeniquapark, George

Skeidsregter: AJ Jacobs

Afskop: 15:30

Toyota Cheetahs t. Sanlam Boland Kavaliers

Datum: Vrydag, 22 Maart

Wedstrydplek: Toyota Stadion, Bloemfontein

Skeidsregter: Christopher Allison

Afskop: 18:00

OP-Olifante t. Valke

Datum: Saterdag, 23 Maart

Wedstrydplek: Wolfson Stadion, Gqeberha

Skeidsregter: Stephan Geldenhuys

Afskop: 15:00

NovaVit Griffons t. Grens-Bulldogs

Datum: Sondag, 24 Maart

Wedstrydplek: Down Touch Investment Stadion, Welkom

Skeidsregter: Paul Mente

Afskop: 15:00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

Ja duidelik is die bepalings so uitgewerk dat dit saam met ons beurtkrag val wat beteken ons gaan min van die rugby kan kyk.Dankie eskom en munisipaliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.