Só lyk SA se damvlakke

Die Voëlvleidam (Foto: Stad Kaapstad)

Die Voëlvleidam (Foto: Stad Kaapstad)

Die departement van water en sanitasie het Dinsdag gesê die vlakke van die meeste van die land se damme het gestyg as gevolg van die reënval wat steeds oor dele van die land voorkom.

Volgens die departement het die totale volume opgegaarde water vandeesweek van 47,9% tot 48,7% gestyg. Die Vaaldam in Gauteng se vlak het gestyg van 26% tot 31%, terwyl Lesotho se Katse-dam, wat die meeste van Suid-Afrika se water verskaf, se vlak van 37% tot 39% gestyg het.

Die watervlak van die Grootdraaidam naby Standerton het aansienlik gestyg, van 65,5% na 72%, terwyl die watervlak van die Vrystaat se Sterkfonteindam op 91% gebly het. Die departement het twee weke gelede water van die Sterkfonteindam na die Vaaldam deurgelaat, aangesien die land se sakekern, Johannesburg, erg onder die droogte gebuk gaan.

Volgens die departement is die land nog nie heeltemal uit die moeilikheid nie, aangesien sommige van die damme se watervlakke steeds laag is. Die Bloemhofdam in Noordwes staan steeds op 11%. In die Wes-Kaap is die gemiddelde watervlak van die ses damme daar 68%. Die Voëlvleidam se watervlak het van 69% na 67% gedaal, die Bergrivierdam van 71% na 70% en die Theewaterskloofdam van 50% na 48%.

In die Oos-Kaap het die vyf damme, wat deel vorm van die Algoa-opgaarstelsel, van 67,3% na 66% gedaal. Die Amatole-opgaarstelsel se ses damme het tans ʼn gemiddelde watervlak van 77%.

Hazelmere-dam in KwaZulu-Natal. Foto: myballito.co.za

Hazelmere-dam in KwaZulu-Natal. Foto: myballito.co.za

In KwaZulu-Natal het die watervlakke van die vyf damme wat water aan die Ethekwini-metro en Munduzi verskaf, van 44% tot 46% gestyg. Die Nagledam het van 69% tot 72% gestyg, terwyl die Midmardam van 47% tot 50% gestyg het. Die Hazelmeredam se vlak het tot 71% gestyg en die Pongolapoortdam staan op 19%.

Die watervlak van die Goedertrouwdam naby Eshowe het van 18% tot 19,6% gestyg, terwyl die Hluhluwedam se vlak van 20,9% tot 24% gestyg het. Die Klipfonteindam se vlak het effens gestyg van 10,4% na 11,6%.

“Hoewel daar ʼn effens styging in damvlakke was, doen die departement van water en sanitasie ʼn beroep op gemeenskappe om steeds aan die waterbeperkings in hul onderskeie munisipaliteite gehoor te gee. Dit sal ʼn rukkie neem voordat damme weer hul normale watervlakke bereik,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Niets ·

Hi
Enige statistiek itv Limpopo? Baie droog in dié provinsie en talle plase en voedsel produsente word hierdeur geraak…

Sonet ·

En niemand se eers dankie Here nie. Eks dankbaar. Ongelooflik dankbaar. DANKIE HERE

Bertie ·

Ek glo dit is korrek. Ook in ander media dieselfde gesien. Die Vaaldam bly amper konstant agv die uitloop massa. Kan jare neem om vol te word.

WitBlits ·

Ek stem saam met Jan dat die berig se syfers nie korrek is nie!!
Die watervlakke van die damme geneem op 23 Nov word op “www.randwater.co.za” se webwerf as volg gegee:
Vaaldamvlak op 33.8% vs berig se 31%, Sterkfonteindam op 89.5% vs berig se 91%, Grootdraaidam op 74.4% vs berig se 72% en Bloemhofdam op 20.3% vs berig se 11%

Paplepel ·

Het enige van die munisipaliteite van die lae watervlakke gebruik gemaak om die slik uit die damme te verwyder? Dit was ‘n gulde geleentheid om van die damme se kapasiteite te verbeter. Maroela, wil julle nie asb. ‘n artikel doen oor instandhouding van ons damme nie?

Ronel ·

Nee wat, hoekom moet hulle dit doen? Kroonstad se damme was kurkdroog. Dis mos nie agv swak munisipalebestuur nie. No ways! Dis mos net agv die droogte. Dis mos die droogte se skuld dat pompe breek. Dis mos die droogte se skuld dat dit gesteel word. Of is dit nou weer Oom Jan se skuld mmmmmm? Ons damme kon geskraap word, maar hulp is van die hand gewys. Laat my wonder hoekom?

Rika ·

Is Limpopo nie deel van Suid Afrika nie? Wanneer daar in die media berig oor die weer geskryf word wil dit vir my voorkom Suid Afrika het slegs drie provinsies – Kaap, Mpumalanga en Gauteng. Wat van die res? Limpopo word meestal ignorer :(

bendons ·

Kan julle asb al die damme se opgedateerde vlakke berig or bv Weskaap laat julle baie groot damme uit bv Steenbras, Glanwiliam ens ens.
Sal waardeer. Dankie

Johan van Vuuren ·

Julle inligting is pateties. Om net van Bloemhofdam te praat, hy was gister al 19+% vol. Ek het gedink maroela media is tops maar nou is ek erg bekommerd. Hoeveel van al die ander inligting wat julle plaas is dan ook foutief? Doen bietjie beter navorsing asseblief en stel die berig reg. Kyk uit na nuwe berig.

Vaaldam ·

Dankie vir julle pogings Maroela. Ek Prys die Heer vir sy getroue genade.

Johan van Vuuren miskien moet jy ‘n poging aanwend om ons op hoogte te hou…

Isak ·

Jip, die Bloemhof dam staan sedert gister al op 19%, nie 11% nie.

Bertie ·

Ek glo dit is korrek. Ook in ander media dieselfde gesien. Die Vaaldam bly amper konstant agv die uitloop massa. Kan jare neem om vol te word.

Ou Bosvark ·

Liewe Mense, Waar kan ek die regering se nuutste gedokumenteerde gepubliseerde nasionale watersstrategie vind? Wanneer en waar gaan die volgende damme gebou word? Wat is die beraamde maksimum bevolkingsgetal wat volhoubaar met voldoende skoon drinkbare water is Suid-Afrika kan woon? Of strompel ons van maand tot maand en dam tot dam voort om statistieke in te samel en daaroor te verskil?

“Ou Erdvark, begin skrywe aan daardie nasionale waterstrategie. Ons varkerasies het ten minste ‘n water-visie”

Johan ·

Jare terug was die damme se vlakke ook so laag. My dogter wat nou 38jr oud is kom van die skool en sê die die onderwyseres sê dit gaan 10jr neem voordat die damme weer vol gaan wees. Dit was ongeveer Augustus/September. Ek sê toe vir haar die Here wat ons dien kan die damme volmaak voor die einde van die jaar. Die einde van daardie jaar toe loop van die damme oor. Al die eer aan die Here. Het anderdag gesien hulle sê dit kan ongeveer 5jr neem vir die damme om vol te word. Die Here kan die in 5maande doen. Ek het in die Noordkaap grootgeword en onthou hoedat `n biddag vir reën gehou is. Al die besighede het gesluit en dit was `n saak van erns. Die reën het gekom en dan was daar weer `n dankseggingsdiens gehou. Net om dankie te sê
`n Geseënde dag Johan

Henk Stander ·

Mooi stukkie wat oom geskryf het. Ek glo saam met oom.

anna ·

Dankie vir die inligting. Ons bly in n Kompleks. En glo my alles wat groen is vrek. Een of twee probeer emmers aandra na beddings. Dis nou n verlore stryd. Niemand sal help nie. Ook moed opgegee. Net té veel.

Skatymir ·

Dis pragtig en presies hoe die natuur werk. Ons verstaan nog nie mooi die siklusse nie. Of die mense nou bid of nie dit maak geen verskil nie. In die ou tyd het hulle mense ge-offer vir reën. Sien 2 Samuel 21:1-14. Die regering moet liewer nog damme bou om by die populasie groei aan te pas, of nog beter miskien iets aan die populasiegroei doen.

Filip ·

Die Here God is in beheer van die natuur, Lees 11 Kronieke 7 vers 13 en 14,” As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die springkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” Die skrif wat Skatymir aanhaal uit 11 Samuel 21 het te doen met die straf van Saul se sonde teenoor die Gibeoniete, dis nie mense offers wat die reën gebring het nie.

Ander inligting ·

Ook ek het ander inligting van waterwese. Dit kom ook van die internet maar MM laat my nie toe om te spoeg en plak.
Tik ‘vaal dam levels’ en dan klik op ‘dam level-rand water’.
23 Nov:
Vaaldam: 33,8%. Sterkfontein: 89,5%.
Bloemhof: 20,3%. Grootdraai: 74,7%
Nogal ‘n aansienlike verskil!!

Landi Slatter ·

Dagsê Ander inligting

Dankie vir jou terugvoer. Die webtuiste waarna jy verwys is Rand Water se webtuiste, dit strook uiteraard nie met die inligting soos vervat in die persverklaring wat die departement van waterwese gister uitgereik het nie (https://www.dwa.gov.za/Communications/PressReleases/2016/MS%20-%20Summer%20rainfall%20is%20showing%20increased%20dam%20levels.pdf). Ons sal by die departement navraag doen oor waarom die syfers so verskil.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

marlou barnard ·

Praat van n wonderwerk. Erfenisdam naby Winburg was begin van di winter 9% vol. En daar reen dit in di winter binne 2weke in di dam se opvanggebied dat hy tot naby 48% draai…… (in n somer reenvalgebied)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.