Só lyk SA’ners se (werklike) gemiddelde salaris

finansies-platsak-beursie-flickr-com

Argieffoto: Flickr.com.

ʼn Werkende Suid-Afrikaner se gemiddelde bruto salaris is R21 190. Dít volgens Statistieke SA (StatsSA), wat pas sy kwartaallikse indiensnemingsyfers bekend gemaak het.

StatsSA se Desember 2018-opname wys net meer as 10 miljoen mense werk in die formele sektor (landbou uitgesluit). Dis ʼn styging van 87 000 werksgeleenthede sedert die vorige kwartaal.

Die aantal mense wat deeltyds werk, het met 37 000 toegeneem tot 1 065 000 in 2018 se vierde kwartaal. Terselfdertyd het die getal mense wat voltyds werk, met 50 000 gestyg tot 9 086 000 in dieselfde tydperk.

Hoofekonoom by Economists.co.za, Mike Schüssler, sê egter die werklike salaris wat mense uiteindelik huis toe neem, is veel minder.

Schüssler het gesê werkers by onder meer die staatsdiens en staatsbeheerde ondernemings – wat amper ʼn kwart van die formele werksmag uitmaak – verdien gewoonlik heelwat meer as hulle eweknieë in die private sektor (tot 36% meer). Dit bring die sogenaamde gemiddelde salaris op ʼn veel hoër syfer te staan.

Hy het gesê aftrekkings soos persoonlike belasting, pensioenfondsbydraes, werkloosheidsversekering, mediese fonds‑bydraes en in heelwat gevalle ook beslagleggingsbevele (garnishee orders) vreet aan gewone salaristrekkers se inkomste. Dit is ook in die meeste gevalle aftrekkings waaroor hulle geen beheer het nie.

“Salarisse is hoër, maar mense kry minder geld uit,” het Schüssler gesê. “Met die mense wat werk het, gaan dit beter, hoewel jy dalk harder moet werk en onder meer druk is. Maar proporsioneel het minder mense werk.”

BankservAfrica se indeks van besteebare inkomste wys die gemiddelde Suid-Afrikaner se inkomste is inderwaarheid nagenoeg R15 000. Dit daal dan weer na ʼn gemiddeld van sowat R10 000 ná aftrekkings.

Volgens Schüssler is die groei waarna  StatsSA verwys, grootliks te danke aan hersienings in sy data –  sy syfers word aangepas met werksgeleenthede wat nié vantevore op sy rekords was nie. Schüssler het gesê dit beteken die syfer het in werklikheid nié gegroei nie. Die getalle waarmee StatsSA werk, het net verander. Die formele arbeidsektor was dus eintlik groter en die ekonomie óók. Hy het gesê dit beteken die land het eintlik ʼn groter BBP, goeie nuus vir die ekonomie en ʼn faktor wat beleggersvertroue kan verhoog.

“Hoewel StatsSA se indiensnemingsyfers ʼn verbetering toon, wys BankservAfrica se data vir agt agtereenvolgende maande dalende salarisse wat in die nasionale betaalstelsel inbetaal word. Dit kan toegeskryf word aan ʼn aantal faktore, waaronder die huidige indiensnemingsyfers wat effens laer as vorige jare is,” het Schüssler gesê.

Volgens StatsSA se inligting is R725 miljard in Desember verlede jaar in totaal aan werkers in die formele sektor betaal. Dit is ʼn styging van R40 miljard – oftewel 5,8% – van September verlede jaar se syfer van R685 miljard. Bonusse en oortyd het R35 miljard beloop, terwyl basiese salarisse R5 miljard tot die styging bygedra het.

Op ʼn jaarbasis het bruto inkomste met R46 603 miljoen (6,9%) gegroei. Die gemiddelde maandelikse inkomste vir werkers in die formele sektor het sedert die vorige kwartaal onveranderd gebly, maar op ʼn jaarbasis met 4,9% gegroei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

AmY ·

Ek het 24 jaar vir ‘n bank gewerk, en nie eens R10 000 ‘n maand gesien nie.

Jk ·

en dan moan mense oor minimum loon, dink jy een van die het al ooit R10k n maand gesien? Dit hang af van jou kwalifikasies, watter werk jy doen en en en, tyd beteken niks nie.

Tilla ·

baie van ons in die privaat sektor is in dieselfde bootjie – Ek werk reeds 49 jaar ek kry nog nie naastenby die salaris waarvan hier gepraat word nie en moenie eers praat van pensioen en medies want dit is vir baie werkgewers in die privaatsektor ‘n vloekwoord. Jy moet maar self die mas sien opkom wat dit aanbetref
Dit is tyd dat daar iets in ons wetgewing gedoen moet word sodat werkgewers verplig is om soos in die Staatsdiens vir werknemers te help wat hierdie aspekte aanbetref en ‘n bydrae daartoe lewer.

Bren ·

Ek werk al 19 jaar in die mediese bedryf as admin en ontvangsdame en verdien nie eers die helfte van bogenoemde bedrag nie. Wonder wie doen hierdie tipe navorsing, ek dink hul is die klits kwyt…

Elria ·

Ek werk al 15 jaar by dieselfde plek en verdien nog nie een R6000 n maand nie. Hoe kan ander mense dan wil kla. En ek het my eie huis wat ek moet onderhoud. Dit is glad nie maklik nie en ek werk 24km van my werk af.

Nettie ·

@Melanie, AmY, Elria (en diesulkes) ……………… WAAAAAAAAAAAAAT?????????????? Wie – behalwe regtig “unskilled” mense – werk dan nog vir R6K per maand? Hoe oorleef mense op dié soort salarisse? Waar kom geld vir jou “bond”, kos, petrol, klere, kinders se behoeftes, mediese fonds ens. ens. ens. vandaan?

En dan kla ék, wat R13½K ná aftrekkings, verdien, oor mý “swak” salaris ………………… O nee, ek belowe, ek SAL NOOIT WEER KLA nie.

Louw ·

En ‘n eerstejaar prokureursklerk met ‘n vierjaar graad moet vir R4000.00 pm werk vir 2 jaar.

JoJ ·

@Tilla, as die wet my dit gaan VERPLIG om te doen in my besigheid, gaan ek net retrench, so eenvoudig soos dit.

Elria ·

Ek werk al 15 jaar by dieselfde plek en verdien nog nie een R6000 n maand nie. Hoe kan ander mense dan wil kla. En ek het my eie huis wat ek moet onderhoud. Dit is glad nie maklik nie en ek werk 24km van my werk af. Het niemand wat my help nie moet maar net uit Hou aanhou en Bek hou.

Baardbek ·

Kan iemand dalk vir ons kom WYS, nie net VERTEL nie, hoe om bloot normaal te leef, en voorsiening te maak vir onvoorsiene mediese uitgawes, wat ongevraagd opduik namate mens ouer word, met die bestaande ouderdoms pensioen van vandag?? Om steeds ‘n huis te onderhou, die absolute minimum te ry, endergelike?

ne ·

Ek werk 18jr en kry R7000, darem is my medies en pensioen en belasting dang afgetrek.

Genieve ·

Ja nee kyk die aftrekkings vat aan jou salaris regtig en dan verdien jy nog nie eers R6000 nie en so moet n mens maar oor die weg kom as jy al broodwinner is.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het my eie klein sake-onderneming gehad………tot dat die nuwe Suid Afrika veroorsaak het dat van my arbeiders meer as ek gekry het (nie noodwendig verdien het nie). Nou sit hulle almal op straat by die NG Kerk se sopkombuis………..en ek werk vir myself, met net een arbeider, myself, met net een administratiewe persoon, myself, met net een tee-maker, myself, met net een eienaar van die besigheid, myself. My omset het gedaal met 83%………..maar die oorblywende 17% is nou als myne. En ek het ‘n WEE besigheidjie….White Economic Empowerment….want dis net ek….

Manie van Worcester ·

So doen ek ook, sien ook nie eens naastenby die gemiddeld van 20000 wat hulle van praat maar ek leef en ek is gelukkig en tevrede en beste van alles geen stres.

Elna ·

Dis seker die gemiddelde inkomste dalk volgens statistieke maar as hulle gaan kyk na die staatsamptenare soos almal wat jare diens het in die polisie,gesondheidswerkers, brandweermanne se salarisse wat 24 en baie meer jare diens het hulle Bruto inkomste is baie minder as dit. Daar is ook baie meer mense in die privaat sektor wat ook nie so hoë bruto inkomste verdien nie.

Anoniem ·

Ek glo daar is duisende mense in dieselfde boot maar wat ek ook al gesien het is dat baie kla oor hul salaris maar lewe soos konings. Dan wonder ek ook oor die wat so kla, weet julle hoeveel is daar wat geen inkomste het maar nogsteeds dankbaar. Gaan na dorpe en kyk hoeveel leef in werklikke armmoede. As jy n huis het en 6000 rand verdien dan is jy in die middelklas of in party lande n rykman. Dus wees dankbaar dat jy n werk het en n huis want baie gaan slap vanaand onder n karton boks.

WIEBO ·

Wel volgens die syfers wat gegee word, is ek n baie laer klas inkomste as waarvan hier gepraat word. Ek is 52, en het nog nooit meer as 10k verdien nie. Ek het nie eers medies of pensioen nie, en as ek ophou werk, gaan ek selfmoord moet pleeg, want ek kon nog NOOIT geld wegsit vir my oudag nie en het dan geen heenkome as ek werkloos sal wees nie. Wens ek was een van hierdie mense in die artikel wat so n groot salaris verdien………….. sal net lekker wees.

Zettie ·

Ek val defnitief in die groep van R15 000.00, maar na aftrekkings (hoof broodwinner) moet ons met ongeveer R800 ‘n maand deurkom. Daarom het ons nie medies nie, ons het nie polisse nie en ons het nie spaargeld nie………..ek kry die mindergegoede mense vreeslik jammer wat met minder moet klaarkom.

anton ·

Ek wonder hoeveel mense is werklik werkloos omrede hulle nie werk kan kry a.g.v BBEEE en SEB ens.
Daai stats sal seker nooit bekom of bekend gemaak word nie!
En baie werkgewers buit die feit uit dat blankes nie werk kan kry nie en betaal hulle dan peanuts.

Susan ·

Dis skokkend dat die gemiddelde werkende Suid Afrikaner sal kwalifiseer vir ‘n huislening van ongeveer R500k met ‘n salaris van R21k per maand. Ek wonder waar sal nuwe generasie Suid-Afrikaners binnekort woon? By mamma en pappa in ‘n middelklas woonbuurt, of op straat? Gelukkig sal jy nog kwalifiseer vir die stewige huurpryse want daar is nie checks nie, anders staan die huise leeg! Yay!

Hendrik UAE ·

WIEBO nee as jy ophou werk se of doen iets dat jy in die staats aftree huis eindig.Verniet kos,klere enblyplek.Verniet medies en sekuriteit..Dan sorg die belasting betaler vir jou. Gooi net n ou van ‘n bakkie af of vloek die poliesieman.

MICHELLE ·

Wens ek kon daai salaris kry. Werk al meer as 20jr en kry dit nie eers nie!!!

Roger ·

Daardie salaris is ‘n illusie…daar is te veel vet katte wat die gemiddelde opstoot met hul R1-miljoen plus salarisse.

Wielspore ·

My werkgewer skuld my soveel geld, hy betaal my elke maand terug.

Onnie ·

Ek vind dit altyd interessant dat mense dink onderwysers verdien baie klein salarisse en dan neerkyk op hulle. Ek ervaar dikwels dat mense jammer voeldat vir my as hul uitvind wat myore beroep is weens die ‘swak’ salarisse. Ek is ‘n onderwyser (staat) met ongeveer 10 jaar ondervinding en verdien ‘n basiese salaris van net minder as R30 000pm. Ek is wel departementshoof so verdien so R3000 meer as gewone onderwysers. Ek weet dis nie vergelykbaar met dokters, prokureurs, CA’s nie., maar voel dis heel goed!

Lin ·

Die salarisse waarvan hulle hier praat is meer as dubbeld wat ek verdien.
Mens is dankbaar vir jou werk, maar die privaatsektor buit mense uit.
Ek het nou die dag ‘n gesprek met my baas gehad oor finansies en toe hy hoor dat ek nie ‘n sent onderhoud kry nie, het hy gesê hy sal die salarisse sal hersien, omdat die algemene werkers se lone op is… My salaris is nou maar nog net dieselfde….

Mense kyk my snaaks aan omdat my naels nie gedoen is nie, maar ek het nie die finansies om op myself te spandeer nie.

Maar bo alles… Oorleef ons!

RS ·

Wel erens is iets fout, want ek werk al 22 jaar en kon nog nooit naby daai gemiddelde betaling kom nie…. nie eens half pad nie.

HB ·

Bren stem saam met jou, ek werk ook vir mediese praktisyn al vir 15 jaar en kry nie eers die helfde van b.g. bedrag. Kom nie eers uit met my salaris in ‘n maand nie!!!

Onnie ·

Ek is ‘n onderwyser by ‘n staatskool met 10 jaar ondervinding en verdien ‘n basiese salaris van R30 000 as departementshoof. ‘Gewone’ posvlak 1 onderswysers met my ondervinding verdien so R3 000 minder as ek per maand. Hierdie salarisse kan bevestig word op die SAOU se webtuiste. Ek noem dit slegs omdat ek dikwels deur ander mense bejammer word indien hul hoor ek is ‘n onderwyser aangesien meeste mense dink onderwysers verdien bitter min. Ek voel baie bevoorreg met my salaris, al besef ek dit kan nie met die van ‘n dokter, prokureur of, CA vergelyk word nie. Ek noem dit ook sodat onderwysers sal ophou kla oor hul ‘karige’ salarisse.

ES ·

Ek is ‘n bank amptenaar wat presies die bogenoemde bruto salaris verdien. Ek kry so R 16500 p/m uit. Ek het ‘n diploma en my gade het ‘n meestersgraad. Sy verdien maar twee derdes van wat ek verdien. Die hang af wat jy doen in bankwese en waar jy werk.

Individue wat in Gauteng werk verdien aansienlik meer a.g.v. die konsentrasie besigheid wat in Gauteng beskikbaar is.

Ek weet van individue wat saam met my werk wat tussen R 850k tot R 1,1 miljoen per jaar verdien. Dit is tussen R 35 000 en R 85 000

Diegene wat R 6000 per maand verdien moet dit bevraagteken. Ons teedames verdien amper R 8000 per maand.

Ekke ·

ES… ek sal enige tyd julle tee dame word. Ek het ‘n sekretariële diploma asook ander kwalifikasies en ek verdien skaars R6000 per maand.
Jou besighede in klein plattelandse dorpe betaal nie goed nie. En dan is ek nog ‘n alleen ouer ook wat die pot aan die kook moet hou, Dis nie altyd maklik nie.

ne ·

Sjoe, dit klink na n droom vir my. Maar bevraagteken jy jou salaris, mev. as jy nie tevrede is, kan jy maar gaan waar jy meer kry.

Manie van Worcester ·

Dan is jy in staatsdiens of munisipaliteit, privaatsektor is hard maar hulle hou die land aan die gang. Behoed jou as jy m ambagsman in privaat sektor is

Nettie ·

Huh-uh – ek kla nie weer nie. Ek belowe.

Ek kan nie glo dat daar mense is wat darem ietsie meer as net matriek het, met ‘n paar jaar se ondervinding, wat net R6K per maand verdien nie. Ons maatskappy se salarisse trek hier in die omgewing van so R30K tot R50K per maand – en ons is in Worcester, in die Wes-Kaap, van alle plekke. Ek kry die minste van almal, maar dit is nog steeds ver bo R10K per maand ……….

Leon ·

Ek moet sê, ek en my werkgewer het ‘n ooreenkoms. Betaal my my aftrekkings dat ek ook lekker kan lewe!

MM ·

Elke persoon is verantwoordelik vir sy/haar eie lewensbesluite, en dit sluit beroepskeuses in. Daar is genoeg geleenthede vir diè wat dit wil aangryp. As kind het my ouers finansieel baie gesukkel en dit het swaar gegaan, en ek het net besluit ek sal enigiets doen om nie in dieselfde bootjie te eindig nie. Ek het deeltyds gaan studeer en voltyds gewerk terwyl ek enkelouer was. My doel was nog altyd om die heel beste te wees in dit wat ek doen, en vandag op 31 is my maandelikse belasting meer as die gemiddelde salaris wat hier genoem word. As jy wil, dan kan jy. As jy nie wil nie, dan sal jy iemand blameer vir die posisie waarin jy is en die karige salaris wat jy verdien.

se net ·

My inkomste is R14 000 miner as dai bedrag. Ek is n ma met 2 kinders. Tog het ek al meer bymekaar gemaak as die gemiddelde mens. Net deur te werk en arm te lewe. Ek het net matriek want in ons tyd was dit taboe vir n dogter om te gaan leer. n Man moet vir haar sorg, wat beslis nie in my lewe gebeur het nie. O ja, ek werk nou 18jaar by my huidige werk. Nou waar le die probleem? Omdat ek n vrou is? Omdat ek wit is? Omdat ek op die platteland bly??

"Mechanic" ·

Ek is ‘n mechanic met 15 jaar ondervinding. Ek vat nie minder as R20 000 ‘n maand huis toe nie. Verdien incentive so dit verander maand na maand. Meeste wat ek ooit huis toe gevat het na aftrekkings was oor die R30 000 gewees. Snaaks hoe mense altyd neerkyk op iemand wat werk met sy hande en vuil word maar einde van die maand smile ek met my grease hande. Sal sien dat baie ambagsmanne baie meer geld verdien as die met hulle desk jobs wat dink hulle is die kat se snor.

Alida ·

Trots op jou hoor. Mens het nie graad nodig om goed te lewe nie. Enigiemand wat met sy hande kan werk hoef nie honger te gaan slaap nie. Nie almal is in ‘n posisie om te gaan studeer nie. Rerig ek gee jou ‘n veer in die hoed!!!!

Alida ·

Trots op jou hoor. Mens het nie graad nodig om goed te lewe nie. Enigiemand wat met sy hande kan werk hoef nie honger te gaan slaap nie. Nie almal is in ‘n posisie om te gaan studeer nie. Rerig ek gee jou ‘n veer in die hoed!!!!

Frederik ·

Ja wat sal ons se wat R3000 ń maand ontvang.
So moenie kla nie.

Judge Dredd ·

Ek kry darem meer as dubbel hulle gemiddeldes, en ek is single.

So Ladies, call me. :-)

Agnee ·

Ek val darem die R15000 per maand maar na die aftrekkings (pensioen, mediese fond en tax… etc) kry ek darem R10 000 en sukkel al klaar om huispaaiement te betaal.

my man val darem die R21 000 se salaris maar dit bly TE TE min vir ons…

ons moet wel baie dankbaar wees dat ons n dak het en n motor het en n WERK het. want baie min mense het werk.

Bernice ·

Ek dink iewers is n fout. Hulle het natuurlik net die “groot koppe” gevat om deel te wees van die studie. As ek maar net helfte van hulle gemiddeld kon kry, sou ek dalk nie vir n paar dae elke maand in die donker sit oor ek nie geld het vir krag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.