Só lyk situasie in Uniondale nou

Betogers buite Uniondale. (Foto: Twitter)

Mike Naik, burgemeester van George, het Maandagmiddag ontstoke gemeenskapslede buite ʼn kerksaal in Uniondale in die Karoo toegespreek.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes en direkteure van die plaaslike munisipaliteit was teenwoordig toe gemeenskapslede tydens dié byeenkoms ʼn memorandum aan die burgemeester oorhandig het.

Volgens Pojie is die situasie in dié dorp steeds plofbaar nadat betogers sedert gister oor dienslewering betoog.

Maroela Media het vroeër berig betogers het reeds gister daarop aangedring dat Naik dié dorp besoek om die memorandum te ontvang.

Charlotte Clarke, adjunkburgemeester van George, het egter toe opgedaag en sy is deur ontstoke betogers weggewys.

Die N9-snelweg asook die R339 was deur die loop van die dag gesluit weens onder meer buitebande wat op dié paaie gebrand is, maar die paaie is later weer oopgestel.

Die George-munisipaliteit het vanoggend gesê die snelweg bly oop en die polisie monitor die situasie. Die munisipaliteit het egter motoriste gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien die pad nog nie opgeruim is ná gister se betoging nie.

Teen vanoggend was daar geen manier om in of uit Uniondale te beweeg nie en alle munisipale kantore asook die biblioteek is gesluit.

Die munisipaliteit het gesê ʼn munisipale bakkie is gisteraand aan die brand gesteek en ʼn rioolpompstasie is na bewering deur betogers afgeskakel waarna rioolwater in die strate ingeloop het.

ʼn Transformator is ook in die proses beskadig en daar was geen elektrisiteit in die woonbuurt van Lyonville nie. ʼn Klein gedeelte in die dorp se sakesentrum is ook sonder elektrisiteit gelaat nadat toerusting beskadig is.

Die polisie gaan intussen steeds voort om bewerings te ondersoek dat drie betogers raakgeskiet is toe ʼn boer glo skote afgevuur het.

Pojie het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek bewerings dat die boer en sy gesin glo op pad dorp toe was toe betogers die pad versper het.

Volgens Pojie is die boer nie in hegtenis geneem nie en sal die dossier ná die ondersoek aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) oorhandig word om te beslis of die boer vervolg sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Eddy ·

Ek het laas oktober deur uniondale gery,n klein ou plaasdorpie.ek nie geweet so n klein landelike dorpie kan ook in opstand kom nie.

Chris Ws ·

Waarom die boer vervolg??Die misdadigers wat die pad versper het het die wet oortree want jy mag nie ‘n openbare pad versper nie.Plus hulle het die pad beskadig met brandende bande.Waarom is hulle nie in hegtenis geneem nie?? Ek dink dis tyd dat die SAP lede wat op die toneel was aangekla word van growwe pligsversuim.Gerry Nel en AfriForum,klim in asb.

jennefer ·

Ek glo hy het bedreig gevoel. Sy vrou en kind was blykbaar in die voertuig.

A ·

Waar is die spook van Uniondale nou? Sy het ‘n paar mense om skrik te maak!

Sw ·

Die Spook van Uniondale ryloop nie meer deesdae nie, dit het te gevaarlik geword in dié land.

Zaks ·

Elke dag n optog met brandende band….. Maak sin as jy kyk na global warming. Fout le hier!

Tree op ·

Wanneer die polisie ophou ondersoek en monitor, en liewer begin skiet, sal die nonsens ook ophou. Die “betogers” vrees of respekteer niemand want hulle word toegelaat.

Sarie ·

Die minister voel dit is hulle reg om te kan betoog. Wonder waar dink hulle gaan daar geld vandaan kom om die dienste te lewer wat hulle versoek na alles reggemaak is wat hul nou afbreek.

Patriot ·

Wan-betalers en munisipale werkers is gewoonlik eerste om te toi toi oor swak munisipale dienslewering…

Pieter ·

Munisipale Werkers…twee woorde wat nie langs mekaar hoort nie.

Mariana ·

Dit is van al die gemonitor dat dit lyk soos dit lyk. Almal wil net hê maar wil vir niks betaal, nou verwoes hulle
dit wat nog daar is ook.

nic ·

al wat gaan help is soos Leon Ferreira se lied sê HERE GEE VIR DIE LAND EN SY MENSE N HART .

JohanL ·

Al die betogers het mooi gekyk en geleer by die ANC en wat hulle in die 70’s en 80’s gedoen het. So kom nou ANC – sorteer julle GEMORS uit.

nic ·

al wat gaan help is soos Leon Ferreira se lied sê HERE GEE VIR DIE LAND EN SY MENSE N HART .

Hans ·

Daar is gebrand,verniel ens-toe dit klaar gedoen is,het die probleme nog steeds bestaan. Wat is nou eintlik bereid.

HANS ·

Dit het nou so gevaarlik geword, die spook van Uniondale wil nie eers meer ryloop nie.

johan ·

Nou verstaan ek nie. Die Gemeenskap het vir die ANC gestem in die verkiesing. Hoekom nou kwaad word as die gemeenskap al vanaf 1994 sukkel om te kry wat hulle soek. Duidelik verstaan hulle nie hoe demokrasie werk nie.

hercu ·

dit is wat gebeur wanneer onbevoegde mense probeer om ‘n land te regeer!

in 25 jaar kon Agbare Cyril Ramaphosa en die ANC niks reg doen nie – hou op om die blankes die skuld te gee en neem vir ‘n slag die verantwoordelikheid vir julle korrupte mislukking op julle eie patetiese skouers!! hou op om die blaam van lieg en bedrieg op ander as julleself te plaas!!

STOP PLAASMOORDE en ALLE KRIMINELE OPTOGTE EN GEMORS NOU!!

Kallimaari ·

Hercu, dit spyt my om jou mee te deel dat al verstaan ek jou sentiment, is jy ongelukkig die keer verkeerd. Uniondale maak deel uit van die DA se George munisipale distrik. Slegte dienslewering inderdaad, maar dié keer nie ANC se skuld nie.

Pieter ·

As ek reg onthou was daar nie lank terug nie ‘n verkiesing. Wonder vir wie hulle gestem het ?

Kallimaari ·

Sondag was daar ‘n brand waartydens ‘n vrou doodgebrand het. Die George munisipaliteit het die brandweerdiens opgeskort nadat Uniondale deel van die George munisipale distrik word in 2015 nadat Uniondale nie meer deel van Eden distriks-munisipaliteit uitgemaak het nie.

Hieroor nou die betoging. George is korrup, al van lank voor ek in 2013 daar weg is. En ja, George is DA….hoe nou gemaak?

Juis vandag berig die George Herald dat die Valke toegeslaan het op die Munisipale Bestuurder weens korrupsie en bedrog verwant aan tenders en bou bedrywighede. Wie “suffer” die meeste? Mense soos dié van Uniondale. Dis wie.

Piet ·

ek kan nie verstaan hoekom is al die anc voters so ongelukkig nie , julle stem anc , hou op huil oor alles jy kry waarvoor jy stem

TVDN ·

HA HA Die SPOOK van Uniondale hike in die aand, meskien het sy lift gekry.
Die een wat haar opgelaai moet haar terug bring en vir haar sê sy moet in die dag hike, asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.