Só lyk skoolvakansies vir die res van die jaar

‘n Leerder se temperatuur word nagegaan by Laerskool Pierneef. (Foto: Verskaf)

Ouers, leerders en onderwysers kan uitsien na nog twee blaaskanse voor die skole effens later as beplan vir die Desembervakansie sluit.

Die departement van basiese onderwys het dié week die gewysigde skoolkalender vir die res van die jaar in die Staatskoerant geplaas. Hiervolgens sal leerders vanjaar nog twee skoolvakansies voor Desember kry, hoewel die een niks meer as ʼn langnaweek is nie.

Skole het weer Maandag ná amper drie maande oor die hele land heropen.

Volgens die dokument in die Staatskoerant sal leerders ʼn kort vakansie van 8 Augustus tot 12 Augustus hê. Die laaste skooldag is dus Vrydag die 7de. Die tweede vakansie is van 23 September tot 8 Oktober. Skole sluit op 15 Desember vir die Desembervakansie. Dit gee skole 173 dae (37 weke) om die res van die kurrikulum af te handel.

Dit is nog onseker wanneer die matriekeksamen begin of wanneer skole weer in Januarie heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem ·

Weereens het hulle nie gedink nie. Wat van die kinders wat eers Augustus terugkeer skool toe

Die Wolf ·

Ag maklik. Plaas sommer oor na die volgende jaar. Minder moeite.

AttaB ·

Die Gr5’s begin die 3 Aug en dan is dit skool vakansie die 8 Aug ?

Erik ·

Die skoolvakansie in Augustus is net ‘n langnaweek. Hierdie kalender maak vir my meer sin.

Megan Swart ·

Dagsê Minniemuis
Dankie vir jou kommentaar. Die laaste skooldag is dus Vrydag, 7 Augustus waarna die vakansie Saterdag, 8 Augustus begin.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Cecil ·

Dit is korrek. MM se mos die laaste skooldag sal wees Vrydag 7 Augustus.

wim ·

Augustus s’n is ‘n Dinsdag en Woensdag bygelas (Maandag is ‘n vakansiedag). Dit maak vir my ook sin onder omstandighede. Reisbeperkings behoort teen daai tyd beter te lyk, dit kan dalk help om hier en daar ‘n gastehuis ‘n hupstoot te gee.

Wat nie wyd bekend is nie is dat dit skole vrystaan volgens die reëls om meer grade vroeër terug te bring as hul dit kan regkry.

antoinette ·

Groot onduidelikheid. Maandag ontvang ek n nuwe skole kalender wat September aandui as:
24 September 2020 tot 5 October. Bogenoemde berig verskil “Die tweede vakansie is van 23 September tot 8 Oktober.” Wie moet ons nou glo. n Week maak n groot verskil in ons beplanning

Pampoen ·

Ja OK, dis ‘n deurmekaarspul. Kla gaan nie help nie. Kom ons doen ons bes om die kinders deur die jaar te kry.

ameli ·

Dis onregverdig die gr 7s het online klasse heeltyd gehad en huiswerk gedoen nie veel af gehad nie en is al terug by skool. Kan maar netsowel die ou 4 dae los.

Anel ·

Ek weet nou nie wie se wiskunde laat hom hier in die steek nie. 173 dae is defnitief nie 37 weke. Volgens my wiskunde 173 dae is 24 weke. En 37 weke is 9maande en 1 week. So verskoon my as ek dink die departement moet eers gaan kyk of hulle self wiskunde kan deurkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.