Só lyk Sondag se vooruitsig vir beurtkrag

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Geen beurtkrag word vir Sondag verwag nie ondanks die kragnetwerk wat steeds beperk en kwesbaar is, het Eskom gesê.

Die kragvoorsiener het in ’n verklaring gesê die kragnetwerk word steeds uurliks by sy noodreaksie-beheersentrum gemonitor, asook dat die situasie by sy opwekkingsaanlegte onvoorspelbaar is.

Hoewel onbeplande onderbrekings omstreeks 07:00 plaasgevind het en die waarskynlikheid van beurtkrag bestaan, sal dit slegs toegepas word indien absoluut nodig.

Luidens die verklaring is daar voldoende diesel vir gasturbines en water by die pompopgaarskemas om die tekort aan kapasiteit aan te vul indien nodig.

Eskom het kliënte egter daaraan herinner dat enige onverwagte veranderinge, soos bykomende onbeplande ineenstortings, op kort kennisgewing tot beurtkrag kan lei.

“’n Gesamentlike poging om die vraag te verminder kan help om die waarskynlikheid van beurtkrag te beperk of selfs uit te skakel. Ons doen dus ’n ernstige beroep op kliënte om die vraag te help verminder deur elektrisiteit spaarsamig te gebruik,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan ·

Help my verstaan hoe ons sukkel met moontlike beurtkrag maar al wat n koerant is maak n ophef van die aanskakeling van die kersliggies in die stad?

Slim Jan ·

Skakkel die nie betallende gebiede af tewyl die netwerk soveel druk ervaar.

John ·

Mense, moet tog asb nie ‘n minuut van die dag vergeet hoe kwesbaar die patetiese kragreus is nie… dink daaraan… snik nou en dan… en skryf Eskom op die spieèl bo jou waskom onder die woord, Water… onthou droè snikke… en wees spaar-samig…

Johan ·

Om die ligte aan te hou brand Eskom ongelooflik baie diesel….en raai wat…..ons belastingbetalers betaal daai rekening….brandstof raak net duurder en duurder

Klasvakie ·

Kragreus word Mickey Mouse…. og og kanie wees nie Hollywood het regte rigestreer op die naam…..

Stof ·

En so sal een van die pasiënte mos vandag so ewe sy opregte omgee wys: Dok moet oppas as dok huistoe gaan. As die krag af is, werk die vierrigting stoppe nie.
Dalk lê daar tog iets in sy oppervlakteks, maar veral in sysubteks…

Hannes ·

Nuwe bestuur word aan gestel om Eskom reg te ruk en klaar praat hulle van beurtkrag. Waar gaan alles eindig?

Cathy ·

Ek dink dit is tyd dat ons as verbruikers begin terug eis vir elke uur wat die krag af is……

Sarel P ·

Kan nie verstaan waarom beurtkrag nog n issue is nie aangesien grood dele van die land, veral in die platteland inelkgeval gereeld sonder krag sit weens swak instandhouding. Dit kan dae aaneen duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.