Só lyk stand van damme in Gauteng

Roodeplaatdam (Foto:
duanzerwick/Instagram)

Damvlakke in Gauteng is vandeesweek effens laer met die aanvang van die reënseisoen in die provinsie.

Die damme staan tans gesamentlik op 90,1%. Die persentasie was verlede week 90,4%. Die damme het verlede jaar hierdie tyd op 99,2% gestaan.

Buiten Bon Accorddam, wat bestendig gebly het op 101,8% sedert verlede week, het ander damme in Gauteng ʼn effense afname aangemeld. Bon Accorddam het verlede jaar tydens dieselfde tydperk op 103,6% gestaan.

Die Rietvleidam staan op 86,0% (ʼn afname ná 86,1% verlede week). In vergelyking met dieselfde periode verlede jaar, het dié dam op 93,4% gestaan.

Roodeplaatdam het ook effens gedaal, van 96,3% verlede week tot 96,2% vandeesweek. Dié dam het verlede jaar op 100,2% gestaan.

Bronkhorstspruitdam het ook gedaal van 83,5% verlede week tot 83,0% vandeesweek. Die dam het verlede jaar op 99,4% gestaan.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie in Gauteng, het sy tevredenheid uitgespreek oor die manier waarop verbruikers in die provinsie hul rol gespeel het om water te bespaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

B ·

Vaaldam is af na 60%, ek hoop die DWS gaan betyds die nodige besparing bestuur.
(Ja ek weet reënseisoen is op hande, maar dis nie noodwendig gewaarborg)

Hennie ·

Die probleem is van ons damme in die Noordelike Provinsie soos Tzaneen en Doorndraai wat bitter leeg is.

John ·

Waar dwaal ons ander sateliete rond wat nie verslag doen oor die res van die binneland se bedroeflike situasie nie. Indien daar nie aksie kom nie sal dele in woesternye vol spookdorpe ‘ontwikkel’. Aardverwarming is die lekkerste term in hierdie eeu, want so word mense se eie optrede nie hul eie verantwoordelikheid nie, maar ‘hulle’ s’n… die ‘ander’ wat aksie moet neem… hul beursies oopmaak….

Buks ·

Wat van nuwe opgaar dam/me. ? Of is geld / inisiatief ‘n probleem?

Lukas ·

Die damme na aan die groot stede, soos die Bon Accorddam en die Hartbeespoortdam is net vol omdat dit deur die riool van die stede aangevul word.

Dorothy ·

Hoekom laat hulle die Vaaldam uit wat vir my nie goed lyk nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.