Só lyk temperature vir Kersdag

Argieffoto: Pixabay.com

Suid-Afrikaners reg oor die land kan ’n gedeeltelike bewolkte Kersdag verwag met temperature wat wissel van matig tot warm.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ’n maksimumtemperatuur van 32 °C vir Pretoria. Effe laer temperature en donderstorms word vir Johannesburg voorspel.

Die Wes-Kaap sal na verwagting ’n koeler Kersdag beleef met ’n maksimum van 20 °C en ligte reën wat in Kaapstad verwag word.

Die weerdiens het ook ’n waarskuwing aan vakansiegangers in dié provinsie uitgereik vir ’n hoë springgety.

Luidens ’n verklaring kan die tweede springgety vandeesmaand sorg vir uitsonderlike laag- en hoogwater. Die springgety bereik sy klimaks op Kersdag tussen 14:00 en 15:30.

Donderstorms word vir die Vrystaat voorspel en in die Oos-Kaap sal dit na verwagting gedeeltelik bewolk wees.

Só lyk die temperature reg oor die land vir Kersdag:

Pretoria: 18/32

Johannesburg: 17/29

Kaapstad: 14/20

Bloemfontein: 18/31

Richardsbaai: 22/29

Oos-Londen: 18/24

Kimberley: 19/34

Polokwane: 18/33

Rustenburg: 23/32

Nelspruit: 19/32

Durban: 21/27

Port Elizabeth: 18/24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.