So lyk veranderings aan Kieswet

Foto: Henk Kruger/African News Agency (ANA)

Die Wysigingswetsontwerp op Kieswette is hierdie week by die Nasionale Raad van Provinsies ter tafel gelê, en bevat verskeie veranderings aan die wette wat bepaal hoe Suid-Afrikaners aan verkiesings sal kan deelneem.

Die wetsontwerp is reeds in die Nasionale Vergadering aanvaar, sonder die instemming van die DA, die IVP of die VF Plus. Dit is die grootste verandering aan verkiesingswette sedert 1999.

Die wetsontwerp belas die hoofkiesbeampte met die verantwoordelikheid om finansiële aanspreeklikheid vir die state van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te aanvaar.

Die nuwe wetgewing stel voorts aan politieke partye die opsie om slegs nasionaal, provinsiaal of plaaslik as politieke partye te registreer, of twee of al drie.

Voorts bepaal die wetsontwerp hoe politieke partye hulself en hul logo’s moet registreer, en hoe besware daarteen hanteer moet word, en die voorwaardes waaronder die kiesersrol of ’n deel daarvan aan kiesers, partye of kandidate verskaf moet word, insluitend die betaling van die tersaaklike fooi.

Nuwe en veel strenger reëls word daargestel vir die uitbring van voorafstemme en spesiale stemme deur diegene wat nie op stemdag by die stempunt waar hulle geregistreer is, kan uitkom nie.

Daar is nuwe reëls wat politieke partye ʼn bietjie meer tyd gee om regstellings te maak as hulle nie aan die OVK se registrasieregulasies voldoen nie, en ’n hele string nuwe tegniese verkiesingsreëls.

’n Omstrede regulasie, wat die gevaarligte vir die DA, die IVP en die VF Plus laat flikker het, is nuwe bepalings wat kiesbeamptes die mag gee om relatief vaag omskrewe ad hoc-reëls te maak om kiesers by ’n stempunt te laat stem waar daar onsekerheid oor hul volle adres is.

Laastens gee die wetsontwerp aan die OVK die mag om die aantal setels in ’n provinsiale wetgewer aan te pas na gelang van bevolkingsverskuiwings, tot ’n minimum van 30 en ’n maksimum van 80 lede per wetgewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

boerie ·

A.N.C. probeer alles om aan bewind te bly, daar sal nog meer vals stempersentasies voorkom. Later sal daar meer stembriewe as stemgeregtigtes wees.

Sarel ·

Meer Mag aan die OVK en niks vir die wat moet stem.nie.
Beskerm die ANC en ek betwyfel dir onafhanklikheif

Kokerboom ·

Nog steeds gaan die ongure regime voort om die land en sy volk te stoomrollers met onsinnighede vir eiebelang!!!

Jakkie ·

Dit is mos presies hoe ‘n komunistiese stelsel werk, ons is al so lank onder die komuniste, dat niks meer nuut is nie.

Hennie J ·

Onthou net, die sogenaamde kiesbeamptes is ontplooide kaders, in meeste gevalle uitgesoekte onderwysers vanaf sogenaamde swart skole, en hulle sal sien dat alles reg loop. Staan op in elke dorp en eis noual dat die aanstel van tydelike verkiesingspersoneel op n regverdige wyse gedoen word!

Hoekom ·

Hulle het mooi geleer by hulle liberale meesters in amerika, hoe om demokrasie te “cheat”. Dus is dit ‘n jammerte om te sê maar demokrasie is dood. Net so dood soos kommunisme en die se saam gepaarde sosialisme…

Maria ·

Dankie vir die berig. Hoop daar kom hofsake teen die nuwe regulasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.