Só lyk voorlopige beurtkragfases

Die Grootvlei-kragstasie. (Argieffoto: Guillem Sartorio/AFP)

Beurtkrag vir die komende week sal volgens Eskom se jongste verklaring vandeesweek tussen fase 2 en fase 4 wissel.

Fase 4 tree Sondag om 16:00 in werking en duur tot 05:00 om Maandag. Hierna word fase 2 ingestel, met die patroon wat daagliks herhaal sal word.

Opwekkingseenhede wat die gees gegee het, beteken 15 798 MW kapasiteit is tans nie beskikbaar nie, terwyl beplande instandhoudingswerk op 3 099 MW staan. Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid elk by Grootvlei, Kendal, Kriel, Majuba en Medupi weer aanlyn gebring.

Daar was egter vertragings met die inwerkingstelling van ʼn eenheid elk by Grootvlei, Kendal, Kriel, Majuba en Medupi, sê Eskom.

Hierdie vertragings dra by tot die kapasiteitsbeperkings.

Eskom het die afgelope naweek herhaaldelik ʼn beroep op verbruikers gedoen om te midde van die koue weer krag spaarsaam te gebruik. Die sukkelende kragvoorsiener het dié oproep vandag opnuut herhaal en Suid-Afrikaners gevra om druk op die netwerk te help verlig in ʼn poging om hoër fases beurtkrag te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.