Só lyk vooruitsig op beurtkrag dié naweek

(Argieffoto: pixabay)

Dis nóg ʼn naweek in die donker.

Eskom het Vrydagaand gesê fase 2-beurtkrag word Saterdag en Sondag in werking gestel.

“Dit word gedoen om die noodopwekkingsreserwes aan te vul wat die afgelope week uitgeput is sodat daar vir die komende week voorberei kan word.

“Die stelsel is steeds onbetroubaar en kwesbaar,” het Eskom gesê.

Altesaam 11 090MW is weens onbeplande instandhoudingswerk vir die netwerk verlore, terwyl 5 371MW weens beplande instandhoudingswerk uit die netwerk gehaal moes word.

Eskom sê sy spanne werk sonder ophou om soveel as moontlik opwekkingseenhede weer in diens te stel.

Die kragvoorsiener het oudergewoonte ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AndréS ·

Ons betaal vooruit vir ñ diens wat nie gelewer kan word nie
Tyd dat eskom/regering verbruikers begin betaal om sonkrag te installeer

Johanncb ·

Ons is ‘n land sonder ekonomie, sonder elektrisiteit, byna sonder water en sonder leierskap!

Persheks Adri ·

#Tsek Eskom tsek! Julle doen ons nie ‘n guns nie ons betaal vir patetiese diens! My betaling gaan ook onstabiel raak regtig

Johan ·

Ja en Rampspoedig was nog nie n minuut sonder elektrisiteit nie. Ons wat die land aan die gang hou moet suffer dit is wanneer n mens terug verlang ne.

Pieter ·

En dan wille julle ANC kommuniste he buitelanders moet hier kom bele in n land wat nie krag het nie. Dink julle regtig die mense in die buiteland het julle mentaliteit. Julle ANC het die land op sy knie julle kan en sal nooit n land kan best nie. Dit gaan orals in afrika so julle ANC is een groot sirkus. Andre de ruiter kan maar los hy mors sy tyd en ons geld mens kan julle niks vertel of leer nie julle weet en ken mos als. Een woord vir julle voetsek

Blomme ·

Pragtig ESKOM… Julle het dit saam met sovele vd sogenaamde goed besturende staatsdepartemente reggekry om die land op sy knieë te dwing… Welgedaan aan ń korrupte, onbevoegde regering!! Jul doel is bereik! Wat nou verder?

Alet ·

Dit raak nou so alledaags, dis net soos om uit te kyk wat die weer vir die dag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.