Só lyk vooruitsig vir beurtkrag dié naweek

(Foto: pixabay)

Geen beurtkrag word vir die naweek verwag nie.

Eskom het Vrydagmiddag in ’n kort verklaring gesê die kragnetwerk is tans stabiel. Die kragvoorsiener verwag dus nie om beurtkrag oor die naweek toe te pas nie.

Eskom het wel daarop gewys dat die kragnetwerk onbetroubaar en kwesbaar bly wat beteken dat beurtkrag indien nodig op kort kennisgewing ingestel kan word.

“Ons wil graag die inwoners van Suid-Afrika bedank vir hul samewerking te midde van probleme wat opduik weens die beperkte kragstelsel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Kom Eskom doen julle werk waarvoor julle betaal word genade tog! Moeg om te hoor dis onstabiel regtig altyd verskonings vir patetiese diens

Leeuwyfie

Sê eskom… ons sit al vir drie ure sonder krag

Abri

Ek sien deesdae se Eskom wanneer die krag gaan aan wees, eerder as wanneer dit gaan af wees. Seker minder moeite.