Só lyk vooruitsig vir beurtkrag

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Fase 1-beurtkrag duur daagliks van 05:00 – 16:00 voort tot Sondag en fase 2-beurtkrag sal tot Maandag daagliks van 16:00 – 05:00 toegepas word.

Eskom sê die voortgesette beurtkrag kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die behoefte om noodreserwes te bewaar weens die groot getal eenhede wat onklaar raak en die vertraging om sommige eenhede weer aan die netwerk te verbind.

Die kragvoorsiener het onderneem om verdere inligting bekend te maak sodra daar wesenlike veranderings plaasvind.

ʼn Kragopwekkingseenheid elk by Camden, Duvha, Kusile en Majuba-kragstasies is sedert Donderdag afgeskakel vir herstelwerk. Die vertraging om ʼn kragopwekkingseenheid elk by Majuba en Tutuka-kragstasies aan te skakel dra by tot die tekorte in kragopwekkingskapasiteit.

ʼn Eenheid by Hendrina-kragstasie is wel aangeskakel.

Eskom het tans 4 846 MW op beplande instandhouding en 14 509 MW kapasiteit is nie beskikbaar nie weens tegniese probleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Ja nee, ons sal vir ewig met load shedding moet saam lewe, dit gaan nooit beter word nie, dis verseker

Groen Ghoen ·

Mooi so Eskom! Ons het volle vertroue en weet beslis dat daar binne die volgende paar dae geen verdere kragonderbrekings sal wees nie. Net so weet ons ook dat Ramaphosa se slimstad reeds in aanbou is. Vir die wondere van die Nasionale Gesondheids Versekeringskema kan ons nie meer wag nie. Wat ‘n vreugde om eersdaags ons eie Trots Suid-Afrikaanse Skeepsmaatskappy te kan sien vaar! En om in die luukse sitplekke van die SA Airways weg te sak…. heerlik! Orals is daar paaie, so gelyk soos biljarttafels. En die dorpe: Wat ‘n lushof! Geen plastieksakke en rommel nie, skoon drinkwater net waar jy kyk. Orals is daar tekorte aan werknemers! Niemand dwaal doelloos net rond nie. O wat ‘n wonderlike land het die ANC vir ons gebring. Onverbeterlik!

Parmantige samaritaan ·

Die zulu koning se seremonie is mos nou in die verlede.

DieKriek ·

Beurtkrag? Dis somer; elke keer as dit reën slaan die weerlig die krag uit. 22 uur sonder krag ELKE keer. Ons wag nou al van 9 uur vanoggend af vir Eskom om hulle vingers uit te trek. Dit gaan jolly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.