Só lyk vooruitsigte vir beurtkrag

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom verwag nie dat dit sal nodig wees om Woensdag verdere beurtkrag in te stel nie. Die kragreus het Woensdagoggend in ʼn verklaring gesê dat kragopwekkingskapasiteit oornag na wense herstel is.

Eskom moes noodgedwonge beurtkrag tussen Dinsdag 21:00 en Woensdag 05:00 in werking stel nadat drie kragopwekkers onklaar geraak en drie ander langer gevat het om te herstel as wat aanvanklik beplan is.

Opwekkingseenhede, onderskeidelik by die Tutuka-, Duvha-, Medupi- en die Hendrina-kragsentrale, is intussen herstel en by die kragnetwerk gevoeg. Ten spyte hiervan is ʼn opwekkingskapasiteit van 11 616 MW steeds onbeskikbaar weens onbeplande herstelwerk en vertragings.

“Eskom vra dat die publiek voortgaan om krag spaarsamig te gebruik,” lui die kragverskaffer se verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ouMo ·

Verbeel jou Spar of Woolworths reik ‘n media verklaring uit om minder inkopies te doen want die winkels word almal op ‘n daaglikse basis beroof en daar is nie genoeg vir almal nie…

Marita ·

Ons moet krag bespaar…..maar straat ligte brand dag en nag…..kantore se ligte brand snags al is al die werkers nie meer in die geboue nie…… Maar ons moet krag spaar….eish

Alet ·

Ons straatligte is in die dag aan en in die nag af. My seun het my al gevra mamma het iemand nie die skakelaar omgeruil nie?

pokkel ·

Het dit nie alreeds laas jaar die tyd gebeur toe sommige selfsugtige mense te veel lockdown paniek inkopies gaan doen het en sommige items soos toiletpapier baie skaars was? :D Ai ek wou eintlik dit by ouMo se kommentaar los, maar nou is dit hierso :D

Anthony ·

Kan iemand asb vir my verduidleik hoe raak n kragopwekker onklaar? Breek dit, hardloop dit uit brandstof uit, spat die uitmekaar uit? Wat presies beteken die terme “onklaar”. Word die “engineers” elke liewe keer ontkant gevang, is dit heeltemal onvoorsienbaar, is daar absoluut geen vooraf tekens of waarskuwings nie? Dis soos om ELKE LIEWE DAG sonder brandstof te gaan staan met jou kar en dan verbaas te wees omdat dit gebuer

koos10 ·

Dis ‘n baie mooi woord vir: Ons het geen idee wat ons doen nie.

Mundus ·

“Onklaar” beteken “gebreek”. Soms is dit geskeduleerde herstelwerk en soms gebeur dit onverwags. Baie van Eskom se kragstasies is oud en verby hul beplande lewensduur. Eskom het ook voorheen geskeduleerde herstelwerk verwaarloos, wat veroorsaak dat ongeskeduleerde breuke meer gereeld plaasvind. Die nuwes, Medupi en Kusile, lei ook onder ontwerp- en konstruksiefoute – hulle sal basies nooit die aanvanklik beplande uitsette lewer nie. Huidiglik gee Eskom prioriteit daaraan om voorheen verwaarloosde herstelwerk op ter vang, soms ten koste van ‘produksie’.

Annelize ·

Kom kyk hier in Rustenburg na donker. Die Munisipale gebou lyk soos ‘n UFO wat landplek soek, so baie ligte is in daardie gebou aan, wyl almal reeds vergete huis toe is. Mens sal sweer dis ‘n 24/7/365 instansie.

LD ·

Gisteraand het ons loadshedding gehad van 23:00 tot 05:40 vanoggend. Skielik 5min terug gaan ons krag weer af….. Wonder of dit weer ñ skielike besluit was on loadshedding weer in te stel….?

Piet ·

Beurtkrag sal on original wees, nie as one verbruikers bespaar nie, nee as die munisipaliteite begin bespaar. Ek weet van strate in Centurion, Pretoria en Gesina wat nou al 5 jaar dag en nag brand en miljoene kW vermors en vra daaroor en antwoord altyd dieselfde >busy with maintenance< Ek glo else leser sal ook weet van strate in hulle dope of sttede met soortgelyke straatligte.

Alta Alleman ·

Ek se weer…Ek betaal ten duurste vir ‘n diens wat julle nie nakom nie. So moenie vir my sê om krag te spaar nie want ek weier botweg!

pokkel ·

en dan moet ek nog wakker geraas word in die oggend ure van iemand in dieselfde straat se kragopwekker wat automaties aanskop as die krag afgaan

Hendrik Marthinus ·

Elke liewe
dag doen Hulle maintenance
Vir die afgelope 7-8 Jr van beurtkrag, doen Hulle herstelwerk
Ek hoor en verstaan Eskom se Fleet van krag stasies is oud
Maar na 8 Jr se maintenance moet die stasies sekerlik al nuut oor gedoen is
Net die dop is verouderd nie die enjin Meer nie
So die verskonings is absoluut nie geldig nie
Mnr de Reyter is nie die naam CEO werd nie
Al is hy net Meer as n Jaar in die stoel moes ons al verandering gesien het
En ek weet almal Sal se hy doen goed is beurtkrag Steeds ons voorland
Hoe verstaan jy dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.