Só lyk watervlakke voor winter

Argieffoto: Stad Kaapstad

Suid-Afrika het genoeg water om landsburgers deur die droë winter te trek mits dié hulpbron spaarsamig gebruik word, het die departement van water en sanitasie gesê.

Volgens Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, lê nasionale damvlakke oor die afgelope twee weke op 73,7% wat ʼn 6,2 % verskil vergeleke met dié tyd verlede jaar is.

Ratau waarsku waterverbruikers egter dat dié water spaarsamig gebruik moet word om te voorkom dat dié hulpbron opdroog weens nalatigheid.

Hy verduidelik dat Suid-Afrika reeds ʼn hidrologiese siklus ingegaan wat na verwagting ʼn koue droë winter in die binneland en ʼn nat winterseisoen in die Wes-Kaap sal meebring. Damvlakke in dié provinsie lê tans op 33,7 %.

Gautengers kan gerus wees met dié provinsie wat die hoogste damvlakke van al die provinsies het met 96,8 % hoewel dit 6% laer is vergeleke met dié tyd verlede jaar toe Gautengse damme volle kapasiteit bereik het.

Die Vrystaat en Noord-Kaap se damvlakke is onderskeidelik as 88,4% en 81,6% aangeteken, terwyl Mpumalanga ’n stabiele damvlak van 74,2% behou.

Volgens Ratau het gebiede in die Oos-Kaap soos die Gamtoosvallei en Makhanda egter rede tot kommer omdat damme hiér byna opgedroog het ten spyte van goeie reënval wat die afgelope paar weke oor groot dele van dié provinsie geval het.

KwaZulu-Natal, wat onlangs deur swaar storms getref is en wat gelei het tot oorstromings in die buitewyke van Durban, behou ʼn damvlakke van 65,2%.

Ratau het dié persentasie toegeskryf aan groot hoeveelhede reënwater wat in die see ingeloop het. Damme in Noord-Kaap en Limpopo het voldoende watervlakke behou, hoewel Limpopo se Tzaneen-dam op sy laagste is as gevolg van ʼn damwal wat herstel word.

“Die Vrystaat het toon teenstrydige weerpatrone, met een deel van dié provinsie wat deur swaar reën deurdrenk is, terwyl ʼn ander deur droogte getref word,” het Ratau gesê.

Boere wat hier voorraad en gewasse verloor het as gevolg van die droogte, het ʼn beroep gedoen op die regering om in te gryp om die streek as ʼn rampgebied te verklaar. Dieselfde situasie heers in die Noordwes en dwing dorpe soos Mahikeng, Zeerust en Lichtenburg om op tenkwater staat te maak, het Ratau gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Ratau kan maar ophou brag oor die Vrystaat se damvlakke. Volgens inligting is die hoof-toevoerdam vir Bloemfonteinstad toegeslik… glo 95%…. wat die inhoud nie watwonders maak nie. Die inwoners van Bloemfontein en omstreke loop deur al vir jare onder waterbeperkings deur en volgens ingeligte bronne is ‘n langdurige struweling aan die gang tussen die stadsraad en Bloemwater tov wanbetaling. Spaarsamige kragverbruik, spaarsamige waterverbruik, spaarsamige suikerverbruik, spaarsamige petrolverbruik…. Wie op deeske aarde het die woord spaarsamig uitgedink? Bloot net te sè spaar, spaar die verbruiker 5 letters of is -samig die eintlike ding… dan is die res van die geld ‘ons’ s’n.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Hou op om Chemtrails te spuit dan het ons meer as genoeg rëen en water in ons damme.
.
.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.