Groot dele van die land sal van Sondag af koeler temperature beleef met donderbuie wat ook kan voorkom.
Erge donderstorms met sterk winde en hael is Sondag oor die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, die ver westelike dele van Noordwes en dele van die Vrystaat moontlik, het Hannelee Doubell, woordvoerder van die weerdiens, gesê.
Volgens Doubell sal die storms gepaardgaan met wydverspreide donderbuie oor KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap. Wydverspreide donderbuie kan ook voorkom oor die oostelike dele van die Oos-Kaap.
Doubell het gesê dié weerstoestande is die gevolg van ʼn laedrukstelsel oor die verre westelike dele van Suid-Afrika. Die nat toestande sal na verwagting Maandag voortduur oor die sentrale provinsies sowel as swaar reën langs die kus tussen Oos-Londen en Durban.
Ysreën kan moontlik van laat Sondagaand af oor die oostelike suidelike dele van Lesotho voorkom met ligte sneeuval wat op die hoër pieke van die Drakensberg moontlik is.
Van die minimum‑ en maksimumtemperature wat vir Sondag verwag word:
Pretoria: 14/24 met ʼn 60%‑kans vir buie en donderbuie
Johannesburg: 13/22 met ʼn 60%‑kans vir buie en donderbuie
Kaapstad: 15/22 met sonnige weer
Bloemfontein: 12/19 met ʼn 60%‑kans vir buie en donderbuie
Richardsbaai: 19/23 met ʼn 60%‑kans vir reën
Oos-Londen: 15/20 met ʼn 60%‑kans vir reën
Kimberley: 13/22 met ʼn 60%‑kans vir buie en donderbuie
Polokwane: 14/25 met ʼn 30%‑kans vir buie en donderbuie
Rustenburg: 13/26 met ʼn 60%‑kans vir buie en donderbuie
Nelspruit: 17/25 met ʼn 60%‑kans vir buie en donderbuie
Durban: 18/22 met ʼn 80%‑kans vir reën
Port Elizabeth: 14/20 met ʼn 60%‑kans vir reën
Dankie dat jy Nelspruit by sy naam noem, hier gebruik almal nog die naam, dis net elders waar mense oningelig is, maar so is julle elke dag met die vinger op die pols.
Dankie weereens.
4 Grade tussen minimum en maksimum by ons is die voorspelling dus. En die lug is toegetrek.