Só lyk Wes-Kaap-reënvalsyfers; nog reën verwag

Die Titusrivier buite Ceres loop sterk ná die goeie reënval. Foto: Albert Marius Hanekom via ReënvalSA (Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gewaarsku dat ʼn tweede kouefront in die Wes-Kaap waarskynlik nog reën sal meebring.

Dit volg nadat daar in die week reeds talle oorstromings in Kaapstad voorgekom het weens die onverwagte maar welkome swaar reënval.

Die weerdiens het berig die kouefront sou vanaf Saterdagmiddag gevoel kon word en reën deur die nag en in die loop van Sondag op plekke in die provinsie voorkom. Die reën sal laat vanmiddag na verwagting na die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal versprei.

Volgens die weerdiens is wydverspreide ryp reeds Saterdagoggend oor die sentrale gedeeltes van die Wes-Kaap opgemerk.

Reënwolke oor Mosselbaai (1 Junie 2018). Foto: Marina Oosthuizen via ReënvalSA (Twitter)

Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum het Vrydag gesê uitgebreide oorstromings het in die stad se noordelike voorstede voorgekom waaronder Goodwood, Parow, Ravensmead, Belhar en Bellville-Suid. Die reënval het ook met stormsterk winde gepaardgegaan en in die Sir Lowry’s Pass-nedersetting is dakke afgewaai en ʼn paar eiendomme beskadig. In Parow, Goodwood, Constantia en Belhar het bome omgewaai.

Kragdrade in Goodwood, Parowvallei, Langa, Bergvliet, Durbanville en Maitland is beskadig en modderstortings is in die Houtbaai-gebied aangemeld.

Die provinsie se amptelike reënvalsyfers vir die naweek was teen Sondag nog nie beskikbaar nie, maar reeds aangetekende reënvalsyfers toon dat talle plekke in die provinsie aansienlike reënval ontvang het. Volgens die SAWD is die aangetekende reënval van Donderdag 08:00 tot Vrydag 08:00 op enkele plekke in die Wes-Kaap soos volg:

Atlantis: 20 mm
Kaap Agulhas: 6 mm
Kaap Columbine: 6 mm
Kirstenbosch: 72 mm
Ceres: 49 mm
Kaapstad Weerdienskantoor: 30 mm
Kaapstad Seiljagklub: 19 mm
Kaapstad Slangkop: 11 mm
Grabouw: 35 mm
Hermanus: 10 mm
Robbeneiland: 19 mm
Jonkershoek: 37 mm
Suid-Afrikaanse Sterrekundige Observatorium: 27 mm
Strand: 25 mm
Wellington: 19 mm
Tygerhoek: 12 mm

Kyk hier vir nog reënvalsyfers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jan ·

hoekom praat julle van ONVERWAGTE reen , dit is die Kaap se reen tyd en dit is ook voor spel.

Charles ·

Nee Jan, dit is reentyd in die Kaap maar nie sulke swaar reen nie! Die skrywer meld onverwagte ‘swaar’ reen. Groete

Liezl ·

Jan……ons het baie swaar gekry met droogte die afgelope paar jaar, dit het glad nie so goed gereën nie, hier was nie meer n seisoen wat ons kon sê dis hoe ons die Kaap ken nie. Dit is absoluut hemels, die reën. Die sluise van die hemel het behoorlik oopgehaan en vir ons die wonderlikste water kom gee. Sooo dankbaar. Ryp is ongewoon hierdie tyd in sekere areas, dit kom eers einde Julie. Maar ek sê kom storms, kom, ons is reg vir julle. Dankie ABBA VADER

Ryp ongewoon daar? ·

Ek ken nie die kaap nie. Is ryp ongewoon daar?

Ryp ·

Oor die algemeen kry die Kaap nie ryp nie, weens die winter reënval. Dis slegs ten tye van erge droogte wat ryp wel voorkom. Vir seker ‘n vreemde verskynsel veral in George waar ek woon.

Dankbaar vir die nodige Kaapse reëns. Elke druppel is kosbaar.

Robert ·

Ryp kom algemeen in die laer gedeeltes van die suid kaap voor in die winter. My pa het stukkie grond suid van riversdale gehad en ryp het gereeld voorgekom naby die rivier.

Magdalena ·

DANKIE VADER vir die reën ?
Dankie v d foto van die ryp op Riversdal… My ? verlang na Riversdal……

SNEL ·

Ons het so gebid vir die reën, kan net sê ; baie dankie Here vir elke druppel wat val.

Vraagteken ·

Hoekom sê julle nie hoe die damvlakke lyk nie? Dis mos tog meer belangrik as die reën van onlangs?

Penellope Jones ·

Reen was net So nodig vir elke lewende wese, mens, dier, plant, alles wat water nodig het om te leef.
Groot Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.