Só lyk Wes-Kaapse damme nou

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die gemiddelde watervlak vir damme oor die Wes-Kaapse provinsie het tot 31% gedaal.

Die damme het van 33,2% verlede week tot 31,2% vandeesweek gedaal. Damvlakke was verlede jaar in dieselfde week gemiddeld 40% vol.

Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die provinsie, het gesê munisipaliteite en provinsiale owerhede werk hard daaraan om die uitdaging so ver as moontlik te verlig.

“Die grootste korttermyngeleenthede in reaksie op die onmiddellike waterkrisis is om die verbruik te verminder, private herwinning en hergebruik aan te moedig en waterbesparing te bevorder,” het hy gesê. “Hierdie tipe planne is egter nie silwer koeëls gegewe die uitdagings wat ons beleef nie, maar dit is ongetwyfeld só dat die werk wat gedoen word daadwerklik die waterkrisis aanspreek.”

Die jongste data volgens die nasionale departement van water en sanitasie:

damvlakke-2017-02-27

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Dit sal reen moenie bekommerd wees nìe. Kyk hoe het die Here vir ons hìerbo gesorg. Glo net.

Esra ·

Dankie Alida!Ja ons moet altyd hoop. Ons reenseisoen is eers in die winter. Ons moet net uithou tot dan. Almal se tuine le verdor en dit is so warm. More 40 grade hier in Wellington. Dankie vir jou bemoediging.

ekke ·

Intussen bly ons bo -op een van die grootste varswater mere in die wereld…..wanneer gaan dit ontgin word ? Maar ongeag. Ons bid nie sonder hoop nie.

Johann ·

Graag maak ons, ons harte oop in gebed vir uitkoms oor die hele Weskaap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.